Om jou kop in 'n bynes te druk . . .
Om jou kop in 'n bynes te druk . . .

Om jou kop in 'n bynes te druk . . .

Tanja Bause
Tanja Bause



Die Namibiese byeboer mnr. Roland zu Bentheim het onlangs 'n swerm bye uit die muur van 'n huis in Pionierspark gehaal.

“Dit was 'n klein swerm, maar die heuningkoeke was al baie oud en die meeste is deur wasmotte vernietig,” het hy gesê.

Me. Loide Nantinda het hom met die verwydering gehelp.

“Ek het laas jaar by die Namibia Beekeepers Association aangesluit, en nou laat Roland my weet wanneer hy bye verwyder. Dit is baie interessant en ek leer baie by hom – veral oor die bewaring van bye. Dit is iets waaroor hy baie passievol is.

“Ek stel in bewaring van enige aard belang – of dit nou die bewaring van plante, diere of die natuur is. Ek wil weet hoekom mense dit doen en hoe hulle dit doen.

“Ek wil leer hoe ek dit kan doen en waar ek kan help,” sê sy.

Mense wat bye by hul huise het, kan vir Zu Bentheim by 081 635 7323 skakel.

Hy sal die bye verwyder en na veilige bewaring bring.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer