Ollie van strik verlos
Die olifantkalfie met 'n strik om die regterbeen wat Sondag in die Etosha Nasionale Park deur mnr. Jaco Schutte naby die Namutoni-hek gevind is, is Woensdag deur die wildveearts, dr. Axel Hartmann (tweede van links), en ’n span van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme (MEFT) behandel. Hartmann het eers die olifantjie verdoof en daarna die strik verwyder wat diep in die been gesny was. Volgens die ministeriële woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, is die ollie se besering baie ernstig en dit sal 'n lang ruk neem voor dit ten volle herstel. Die flapoor het ook pynstillers gekry en word nou gemonitor. "Ons waardeer die publiek se besorgdheid oor die welstand van die olifantjie," het hy gesê. Foto MEFT


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie