Oliphant se vermeende moordenaar in hof
Francoise Steynberg
Die vermeende moordenaar van mnr. Josef Oliphant (44) van Tses het Dinsdag op vier klagte in die landdroshof op Keetmanshoop verskyn.
Die beskuldigde, mnr. Thomas Pieterson (32) van Berseba, is van moord, lykskending, motordiefstal en dwarsboming van die gereg aangekla.
Sy saak is tot 11 Januarie 2018 vir verdere ondersoek uitgestel en hy bly in aanhouding.
Oliphant, wat sedert verlede Sondag vermis was, se liggaam is presies 'n week daarna tussen Tses en Berseba naby die Visrivier gevind. Pieterson is Sondag in hegtenis geneem.
Volgens die Namibiese polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die ||Kharasstreek, adj.komm. Chrispin Mubebo, is die oorledene se ontbinde lyk Sondag by die Visrivier deur 'n verbyganger gevind wat die polisie van Tses ingelig het.
“Toe die polisie by die toneel opdaag, was die oorledene se liggaam nie meer op die dieselfde plek as waar die verbyganger dit gevind het nie. Die soektog is uitgebrei en die oorledene se liggaam is later op 'n ander plek, versteek onder klippe, gevind. Die beskuldigde het die liggaam vermoedelik verskuif en versteek,” het Mubebo gesê.
Volgens hom is Oliphant op 5 November by die polisie as vermis aangemeld en sy verlate voertuig is die volgende dag op die B1-hoofweg gevind.
Mubebo het gesê die beskuldigde het glo 'n skulderkenning by die polisie afgelê.
“Albei mans is vermeende dwelmhandelaars op hul verskeie dorpe en hulle ken mekaar. Die beskuldigde het vir Oliphant glo in sy huis met 'n hamer doodgeslaan. Daarna het die beskuldigde Oliphant se liggaam glo aan sy (die oorledene) voertuig vasgebind en na die Visrivier gesleep en daar gelos,” het Mubebo gesê.
Die beskuldigde het ook glo met Oliphant se voertuig na die B1-hoofweg teruggery en dit daar agtergelaat.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie