Olimpiese ongerymdhede word ondersoek
Olimpiese ongerymdhede word ondersoek

Olimpiese ongerymdhede word ondersoek

Atletiek
Die Internasionale Olim­piese Komitee (IOK) het 'n versoek aan Senegal gerig om die Franse in hul ondersoek na die voormalige president van die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) te ondersteun.

Thomas Bach, president van die IOK, het dit gister aangekondig.

Frankryk se finansiële vervolger het gesê Papa Massata Diack van Senegal, seun van die IAAF se voormalige hoof, Lamine Diack, was 'n sentrale figuur in 'n korrupsieskema in internasionale sport.

Diack het dié beskuldiging ontken. Volgens die vervolger is daar aanduidings dat betalings in ruil vir stemme van lede van die IAAF en die IOK rakende gasheerstede vir die Olimpiese Spele en ook ander internasionale byeenkomste plaasgevind het.

“Ons het dit met (die huidige IAAF-president) Sebastian Coe bespreek,” het Bach gesê.

“Ons het lank gelede al vir Senegal gevra om te help met die ondersoek en het maande terug al die versekering gekry dat indien die Franse owerhede vir Papa Massata Diack wil vervolg, kan hulle na Senegal kom waar hy aan hulle oorhandig sal word.”

Macky Sall, president van Senegal, was dié week ­teenwoordig op 'n IOK-vergadering in Argentinië, waar Dakar as die gasheer vir die 2022 Olimpiese Jeugspele aangewys is.

Lamine Diack was van 1999 tot 2015 president van die IAAF en sy seun was 'n voormalige bemarkingskonsultant vir die federasies.

Brasiliaanse ondersoekers het gesê politici en die hoof van die nasionale Olimpiese komitee het US$2 miljoen se omkoopgeld aanvaar vir Lamine Diack se stem en vir hom om ander lede van die IOK van Afrika te oortuig om die 2016 Olimpiese Spele na Rio de Janeiro te geneem het.

Lamine word steeds in Frank­ryk aangehou terwyl die ondersoek voortduur.

Namibië se legendariese oudnaelloper Frank Fredericks is ook uit IOK-komitees geskors hangende die ondersoek na sy bande met die Diacks en betalings wat Fredericks ontvang het.

– Bygewerk van Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer