Olimpiese hekkie hoog vir vrouespan
Hokkie
Ná hul oorwinning in die Afrika Ope-reeks in die eerste helfte van Desember 2018 in Bulawayo, Zimbabwe, het die Namibiese vrouespan in veldhokkie gekwalifiseer om in een van die drie finale uitduntoernooie vir die 2020 Olympiese Spele in Tokio, Japan mee te ding.
Net drie lande, naamlik die gasheer Zimbabwe, Zambië en Namibië het in die vrouekompetisie deelgeneem, terwyl Zimbabwe, Namibië, Zambië en Egipte spanne in die manskompetisie in Bulawayo gehad het.
Die Namibiese vroue was die wenspan in hul afdeling, terwyl Egipte die manswenners was.
Afrigter Erwin Handura en sy vrouespan sal dus vanaf 19 tot 27 Junie vanjaar in Valencia, Spanje aan een van drie finale uitduntoernooie deelneem. Die ander twee kwalifiserende toernooie word in Dublin, Ierland (8-16 Junie 2019) en Hiroshima, Japan (15-23 Junie 2019) aangebied.
Namibië is geloot om in 'n moeilike groep teen hoër gerekende lande mee te ding, naamlik Spanje (7de), Suid-Afrika (15de), Italië (17de), Belo-Rusland (20ste), Kanada (21ste), Wallis (26ste) en Thailand (28ste).
Namibië word tans as 60ste ter wêreld in buitenshuise vrouehokkie, maar 'n veel sterker elfde ter wêreld in die binnenshuise spel gereken.
Net die toptwee spanne in elk van die kwalifiserende toernooie dring regstreeks tot die 2020 Olimpiese Spele deur.
Afrigter Handura het verklaar dat die Namibiese span se mikpunt in die volgende vyf jaar is om sy posisie op die Afrika- en wêreldranglyste te verbeter; asook om vir die 2020 Olimpiese Spele asook vir die 2022
Statebondspele in Birmingham te kwalifiseer.
“Ons weet die kompetisie is hard, maar ons glo dis moontlik om vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer,” sê Handura.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie