Olimpiese droom binne Maike se bereik
Ure se oefening, ses dae per week is met 'n Afrika-silwer beloon.
Andrew Poolman - Roei is een van die sportkodes waarin 'n land soos Brittanje se Olimpiese medaljewenners 'n veel hoër profiel in die media geniet as wat die gemiddelde sportkyker in Namibië dalk kan indink.
Brittanje maak 'n ewe groot bohaai oor sy versameling roei-bekroondes as oor presteerders in enige ander sportkode. In Namibië is roei gewis een van die “kleiner” sportkodes waar deelnemers grootliks in isolasie te werk gaan, dikwels sonder betekenisvolle hulp van enige aard.
Om 'n Olimpiese medalje van enige aard in enige sport te wen, verg ernstige toewyding wat net deur 'n sterk persoonlike droom aangedryf kan word. Hoeveel Namibiërs het 'n kans om in Tokio in 2020 nie net teenwoordig te wees nie, maar ook vir medaljes mee te ding?
Die 23-jarige Maike Diekmann se silwermedalje laasweek by die Afrika-kampioenskap in Tunisië was die soort prestasie wat as aansporing vir groter drome sal dien.
Diekmann was Namibië se enigste verteenwoordiger in Tunisië.
Sy het op 'n plaas naby Otjiwarongo grootgeword en het ná haar skoolloopbaan by Rhodes Universiteit in Grahamstown in die Oos-Kaap gaan studeer.
In April vanjaar het sy haar honneursgraad in geologie verwerf.
“Ek het in my derde studiejaar met roei begin. In die eerste jaar het ek op beginnersvlak in universiteitsbyeenkomste in Suid-Afrika meegeding, maar ek het gou die aanvoeling daarvoor gekry en het vinnig verbeter,” vertel sy.
Oktober 2015 was die eerste keer dat sy gekies is om Namibië te verteenwoordig, toe die Afrika-kampioenskap ook in Tunisië aangebied is. Dit was ook die Olimpiese kwalifiserende geleentheid vir Rio 2016.
“Ek het net daarin geslaag om die B-finaal te haal en het dit gewen, vir 'n algehele sewende plek. Die topvier vroue het Olimpiese plekke verwerf. Ek was baie teleurgesteld in my uitslag, want ek is van nature nogal streng met myself. Dit het egter tot my deurgedring dat ek nog op die beginnervlak is en dat dit baie meer werk en ure gaan verg om op dieselfde vlak as die sterkste vroue te kom.”
Verlede jaar het Diekmann op die A-vlak in Suid-Afrikaanse byeenkomste begin meeding. “Dit was 'n groot aanpassing en ek het aanvanklik gesukkel om by die vinnige tempo van resiese by te bly.”
In Augustus verlede jaar het Diekmann weer 'n groot kans gekry toe sy na die onder 23 wêreldkampioenskap in Rotterdam, Nederland gestuur is. Sy het in die enkelkompetisie vir “sculls” (kort roeispane, BW1x) meegeding en hoewel sy haar persoonlike vinnigste tyd opgestel het, was dit net goed genoeg vir 'n 22ste plek.
“Ek het baie geleer in my resiese en het besef hoe taai die mededinging op internasionale vlak is. Dit het my met meer ondervinding en 'n nuwe ingesteldheid laat terugkeer.”
VOLTYDS
Omdat Diekmann nou afgestudeer is, het sy besluit om haar aandag voltyds daaraan te bestee om vir die 2020 Olimpiese Spele in Tokio te kwalifiseer, met die verdere mikpunt om in die toptien klaar te maak.
“Ek woon steeds op Grahamstown, waar die meeste van my oefenprogram plaasvind. Ek sal elke jaar tot 2019 aan 'n paar internasionale regattas deelneem om myself in die opbou na die Olimpiese kwalifisering in 'n sterk posisie te plaas.”
Volgens Diekmann sal twee geleenthede in 2019 voorlê waar sy vir die Olimpiese Spele kan kwalifiseer, naamlik die Wêreldbekerbyeenkoms in Europa waar sy in die top-11 sal moet klaarmaak, of die Afrika-kampioenskap waar sy in die topvyf moet wees.
“Ek het reeds 'n aansoek by die Olimpiese Solidariteitsbeweging ingedien vir finansiële steun op my reis in die volgende drie jaar. Olimpiese sukses behels so 'n veeleisende leefstyl en dit is moeilik om ook 'n voltydse werk te hê om jouself te finansier. Ek oefen twee (soms drie) keer per dag en ses dae per week.”
TUNISIË
Diekmann beskou haar silwermedalje by die pas afgelope Afrika-kampioenskap as 'n goeie teken.
“Ek het baie druk op myself geplaas, want ek weet ek is goed op dreef en fikser as ooit tevore. Ek het ook baie tyd bestee om die tegniese aspekte van my roei-styl te verbeter.
“Vir die grootste deel van die 2 kilometer was ek aan die voorpunt, maar in die laaste versnelling na die eindstreep het die Tunisiër my verbygesteek. Ek het in 8 minute 06.27 sekondes klaargemaak teen die Tunisiër se 8:04.09.
“Vir 'n lang tyd daarna was ek gefrustreerd, maar dit het tog ingesink dat 'n silwermedalje op Afrika-vlak 'n betekenisvolle prestasie is. Dit wys ook dat ek reeds verder op my reis in die sport gevorder het as wat ek en my afrigter beplan het. Ek het 'n klompie lesse geleer en het ook positiewe aspekte waaraan ek verder kan werk.
“Ek is opgewonde oor wat vir my roeiloopbaan voorlê. Ek is gereed om die harde werk in te steek en om vinniger op die water te word vir die volgende keer dat ek my land Namibië verteenwoordig.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie