Olimpiese drome om die draai

Die Olimpiese Spele se medaljes word nie in Mei gewen nie, maar die seisoenbeste van atlete is 'n goeie aanduiding wat in Tokio kan voorlê.
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Terwyl die wêreld sy asem gespanne inhou om te sien of die 2021 Olimpiese Spele in Tokio wel gaan plaasvind, laat baan- en veldatlete nie gras onder hul spykerskoene groei nie.

In die aanskoulike naellope soos die 100, 200 en 400 meter vir mans en vroue kan ’n land se Nasionale Olimpiese Komitee tot drie kwalifiserende atlete vir ’n item inskryf.

Die mans moet vir die 100, 200 en 400 onderskeidelik beter as 10.05 sekondes, 20.24 en 44.90 vaar om te kwalifiseer. Vir die vroue is 11.15, 22.80 en 51.35 die magiese grens om in die onderskeie afstande te oorbrug.

Volgens die Internasionale Olimpiese Komitee se webblad sal net 56 plekke elk vir mans en vroue vir die 100 en 200 toegeken word en 48 vir die 400.

Volgens amptelike tye op Wêreldatletiek se webblad, beskik die VSA verreweg oor die meeste spoedvrate in die 2021-seisoen en selfs Jamaika word oorskadu.

In die 100, 200 en 400 het die VSA nege vroue en 14 mans in die topvyf ter wêreld. By die vroue lewer oënskynlik net Jamaika (twee in 100), Bahamas (twee, in 200 en 400) en Namibië (twee, in 200 en 400) tans die uitdagers vir die VSA se oorheersing. By die mans haal net ’n enkele Nigeriër (in 100) die topvyflyste met die res van die vinnigste tye almal deur Amerikaners.

Vroue 100: Afrika het drie haastige vroue in die 100, maar die 18-jarige Beatrice Masilingi van Namibië tel nie onder hulle nie. Masilingi se beste van 11.79 s wat sy op 13 Maart 2021 behaal het, is tans 408ste op die seisoenranglys (wind +0.7 m/s van voor).

Haar tyd van 11.38 s (+1.5 m/s) op 17 Desember 2020 in Windhoek sou Masilingi 88ste in wêreld geplaas het. By die onlangse 2021 senior nasionale kampioenskap in Windhoek is sy in die 100 gediskwalifiseer vir ’n vroeë wegspring.

In Tokio sal Murielle Ahouré en Marie-Josée Ta Lou (beide Ivoorkus), Grace Nwokocha en Blessing Okagbare (Nigerië), Tebogo Mamathu (RSA), Gina Bass (Gambië) en Roda Njobvu (Zambië) vir Afrika sake in die 100 uitspook.

Vroue 200: Masilingi het wel in die 200 haar kaartjie vir Tokio met ’n 22.72 bespreek. Haar tyd van 22.38 s op 18 April 2021 in Windhoek sou haar vierde in die wêreld geplaas het, maar met die wind van agter (2.7 m/s) in die pylvak was te sterk om dié tyd amptelik te laat erken.

Sy tel wel onder Afrika se vier vinnigste vroue. Net Nigerië se 32-jarige veteraan Blessing Okagbare met 22.66, Favour Ofili (18, Nigerië) met 22.69 en Roda Njobvu (27, Zambië) met 22.69 kan by haar kers vashou.

Masilingi sal in Tokio vir Ofili, Okagbare, Nwokocha, Bass, Ta Lou, Aminatou Seyni (Niger) en Njobvu wil wys sy is die vinnigste vrou in Afrika oor 200 meter.

Vroue 400: Die Olimpiese en wêreldkampioen Shaunae Miller-Uibo (27, Bahamas) met 49.08 is tans die enigste vrou vinniger as Namibië se Christine Mboma (18) en Masilingi in die 400. Die twee tienersensasies is tans onderskeidelik nommer twee en drie in die wêreld.

Mboma en Masilingi kan in Tokio ook vir Christine Botlogetswe, Amantle Montsho, Galefele Moroko (Botswana), Hellen Syombua (Kenia) en Aminatou Seyni (Niger) uitdaag.

Mans 100: Akane Simbine van Suid-Afrika het in die 100 vir die Spele gekwalifiseer. Ander kragtige hardlopers uit Afrika sluit in Raymond Ekevwo, Usheoritse Itsekiri, Divine Oduduru (Nigerië), Joseph Amoah, Benjamin Azamati-Kwaku (Ghana), Arthur Cissé (Ivoorkus), Emmanuel Matadi (Liberië) en Ferdinand Omanyala (Kenia).

Mans 200: Amoah, Azamati-Kwaku (Ghana), Onduru (Kenia), Clarence Munyai (RSA) en Sydney Siame (Zambië) behoort Afrika se aanslag te verteenwoordig.

Mans 400: Emmanuel Korir (Kenia) en Emmanuel Bamidele (Nigerië) is die enigste Afrikane wat vir die 400 kon kwalifiseer.

Wayde van Niekerk van die RSA vind ná sy kniebesering algaande weer sy voete vind, maar dis te betwyfel of hy weer sy peil van 2016 en 2017 voor die Spele sal kan bereik.

Van Niekerk het op 30 Maart 2021 ’n skaflike 20.10 s behaal, maar met die windmeter op +2.1 m/s van agter word die tyd nie amptelik erken nie. Dit sou hom vyfde in die wêreld geplaas het. Sy 19.84 s (+1.2 m/s) in Kingston, Jamaika, op 10 Junie 2017 bly sy persoonlike beste.

Van Niekerk se Olimpiese, wêreld-, Afrika- en nasionale rekord van 43.03 s wat hy tydens die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro op 14 Augustus 2016 behaal het, kan nog vir baie jare staan.

Die Olimpiese Spele word nie in Mei deur atlete gewen nie, maar die seisoenbeste van atlete is ’n goeie aanduiding wat in Tokio wag.

Behalwe anders aangedui, is al die toptye gedurende 2021 aangeteken.

Vroue

100: 1 Sha’Carri Richardson (21 jaar, VSA) 10.72 sekondes (wind +1.6 m/s van agter) 10 April, 2 Elaine Thompson-Herah (28, Jamaika) 10.78 (+1.8 m/s) 2 Mei, 3 Natasha Morrison (28, Jamaika) 10.87 (+1.3 m/s) 24 April.

200: 1 Shaunae Miller-Uibo (27, Bahamas) 22.03 (+1. 5 m/s) 4 April, 2 Richardson (VSA) 22.11 s (+1 m/s) 16 April, 3 Gabrielle Thomas (24, VSA) 22.17 (+0.7 m/s) 27 Maart; 17 Beatrice Masilingi (18, Namibië) 22.72 s (+0.2 m/s van voor) 10 April.

400: 1 Shaunae Miller-Uibo (27, Bahamas) 49.08 (24 April), 2 Christine Mboma (18, Namibië) 49.22 (17 April), 3 Beatrice Masilingi (Namibië) 49.53 (11 April).

Mans

100: 1 Trayvon Brommel (24, VSA) 9.88 (+1.5 m/s) 30 April, 2 Fred Kerley (24, VSA) 9.91 (+2 m/s) 24 April, 3 Ronnie Baker (27, VSA) 9.94 (+1.4 m/s) 27 Maart, 10 Akani Simbine (27, RSA) 9.99 s (+3 m/s van voor) 27 Maart.

200: 1 Terrance Laird (22, VSA) 19.81 (+0.8 m/s) 27 Maart, 2 Divine Oduduru (24, Nigerië) 19.88 (+1.6 m/s) 29 April, 3 Noah Lyles (23, VSA) 19.90 (+0.7 m/s) 9 Mei; 33 Wayde van Niekerk (28, RSA) 20.38 (+1.4 m/s van voor) 16 April.

400: 1 Noah Williams (VSA) 44.30 (24 April), 2 Michael Norman (23, VSA) 44.40 (9 Mei), 3 Trevor Steward (24, VSA) 44.52 (30 April).




FOTO’s
Christine Mboma (toe 17) het vanjaar die tweede vinnigste 400 m in die wêreld gehardloop. Sy het Aprilmaand in Windhoek 49.22 sekondes behaal om binne 'n week die junior wêrelrekord asook die Namibiese senior rekord vir die tweede keer te verbeter. Foto Tielman van Lill

Shaunae Miller-Uibo is die heersende Olimpiese en wêreldkampioen in die 400. Foto www.womenfitness.net

Die 21-jarige Amerikaanse blits Sha’Carri Richardson het vandeesmaand met ’n 10.72 opgeskiet tot die sesde posisie van vinnigste vroue in die geskiedenis van die 100 meter. Foto Getty Images

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.85 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.19 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 380.72/OZ DOWN -0.0047 | Copper US$ 4.84/lb DOWN -0.0114 | Zinc US$ 2 972.50/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 83.66/BBP UP +0.47% | Platinum US$ 1 058.62/OZ DOWN -0.0105 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.85 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.19 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 380.72/OZ DOWN -0.0047 | Copper US$ 4.84/lb DOWN -0.0114 | Zinc US$ 2 972.50/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 83.66/BBP UP +0.47% | Platinum US$ 1 058.62/OZ DOWN -0.0105