Olimpiese atleet lank tjoekie toe oor dwelms

06 November 2019 | Sport
Die Nederlandse Olimpiese atleet Madiea Ghafoor is vir agt en 'n half jaar tronk toe gestuur nadat sy met dwelms ter waarde van bykans R38 miljoen betrap is.
Die 27-jarige Ghafoor is in Junie in hegtenis geneem toe Ecstasy en tik (crystal meth) in die kattebak van haar voertuig naby die dorp Elten in Duitsland gevind is.
Sy is by die grenspos by Elten vir 'n roetinesoektog voorgekeer, waar 50 kg Ecstasy en 2 kg tik in haar besit gevind is, tesame met €11 950 in kontant.
Dié atleet, wat Nederland in die 4x400 m-aflos by die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro in 2016 verteenwoordig het, het skuld ontken. Sy sê sy het gedink dat sy middels vervoer wat as opkikkers vir atlete gebruik kan word.
Die Duitse Atletiekunie sê hulle is geskok deur die saak en sal Ghafoor se bewering met betrekking tot opkikkers ondersoek om seker te maak of iemand anders ook betrokke was.
“Ons is geskok deur die beskuldiging,” het die unie luidens 'n verklaring op hul webblad gesê.
“Die Atletiekunie veroordeel enige gebruik of handel in opkikkers of dwelms.”
Die unie sê dat die saak aan plaaslike owerhede oorhandig is, wat sal ondersoek instel om te bepaal in water mate die beleid teen opkikkers oortree is.
Ghafoor weier om te sê aan wie sy van plan was om die dwelms te oorhandig uit vrees vir die veiligheid van haar familie.
– Netwerk24/Reuters

Soortgelyk
Oliesoektog: D-dag vir besware om die draai
9 ure gelede | Omgewing
Inhaal deel van leerplan
9 ure gelede | Onderwys
Haihambo terug in hof
9 ure gelede | Howe
Weer vir 20 Januarie 2021
9 ure gelede | Weer
Die Neckartaldam se 'beker loop oor'
9 ure gelede | Weer
Vuilspel in Shoprite/Nafau-staking beweer
9 ure gelede | Arbeid
Lesersfoto's 20 Januarie 2021
9 ure gelede | Lesersfoto's
3 sterftes, 242 nuwe gevalle
17 ure gelede | Gesondheid
Neckartaldam: Tot oorlopens toe vol
1 dag gelede | Weer
Kleinadvertensies