Olifantbewaring kry 'n hupstoot
Die Amarula Trust het 12 woestynaangepaste olifante in die suidelike Kunene- en die noordelike Erongostreek aangeneem.
Elephant Human Relations Aid (EHRA) wat na die olifante se belange in dié twee streke omsien en deur opleiding, navorsing en verskeie strategieë die mens-dier-konflik probeer verminder, het 'n ooreenkoms met die Amarula Trust vir 12 maande gesluit.
Volgens me. Beverly Jandrell, die bemarkingsbestuurder van Distell Namibia wat plaaslik Amarula verteenwoordig, ondersteun die trust die bewaring van olifante terwyl hulle ook die belangrikheid van fauna en flora in suidelike Afrika bevorder.
“Met die hernieude ooreenkoms van 12 maande is Amarula verseker die geld sal aangewend word waarvoor dit geoormerk is. Aanvanklik wou ons net 11 olifante aanneem, maar het besluit om eerder 12 aan te neem,” het sy gesê.
Amarula en EHRA werk ook saam aan 'n projek om waterpunte te beskerm waar spanne vrywilligers in samewerking met die plaaslike gemeenskappe klipmure rondom waterpunte en damme bou. Die klipmure verhoed dat die olifante toegang tot watertenks, pompe, windpompe en pype kry en dit dus nie kan beskadig nie.
Die projek maak ook voorsiening vir water wat die olifante maklik kan bereik.
Sedert 2001 het die projek die beskerming van 250 waterpunte tot gevolg gehad.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie