Olifant trap ouma dood
Olifant trap ouma dood

Olifant trap ouma dood

Dani Booysen
Die 65-jarige me. Uamunika Mburura is Vrydagnamiddag deur ‘n olifant aangeval by die Otjitapera-veepos van die Otjiu-Wes-nedersetting in die Opuwo-distrik.
Volgens die naweek se misdaadverslag het sy aan haar beserings beswyk voordat sy die kliniek op Otjiu kon bereik.
‘n Nadoodse ondersoek sal op Opuwo uitgevoer word as die deel van die geregtelike nadoodse ondersoek.

Kommentaar

Republikein 2025-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer