Olifant trap man dood
Olifant trap man dood

Olifant trap man dood

Francoise Steynberg
Mnr. Abner Petrus (46) wat Saterdag saam met sy vrou en dogter ‘n trop olifante uit hul mahangulandery probeer verjaag het, is deur ’n olifant doodgetrap.

Die woorvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, het vanoggend die voorval bevestig wat in die Okatha-Kiikombo-nedersetting naby Tsandi in die Omusatistreek plaasgevind het.

Die ministerie sal later vandag ’n mediaverklaring oor die voorval uitreik. Petrus se naasbestaandes is van sy dood ingelig.

Kommentaar

Republikein 2026-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer