Olifant boet vir man se lewe
Olifant boet vir man se lewe

Olifant boet vir man se lewe

Die minister van die omgewing en toerisme het 'n olifant van kant gemaak wat verlede week 'n kommunale boer doodgetrap het.
Des Erasmus
Des Erasmus - Die wet van die bos van 'n oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand het gegeld toe 'n olifant by Otjihorongo met sy eie lewe moes boet vir die dood van 'n kommunale boer, Lourens Hindjou (35), Dinsdagaand.

Die ministerie van die omgewing en toerisme het bevestig dat die olifant van die dood opgespoor, uitgeken en verwyder is.

Die vergelding het ingetree ondanks 'n stortvloed kommentaar en versugtinge op sosiale media dat die doodstraf nie die olifant opgelê en uitgevoer moet word nie. Die teregstelling het nogtans gepaard gegaan met veelseggende berispinge vir mense om nie met olifante te lol nie. Mense moet liefs ook nie ná donker in olifantwêreld beweeg nie.

Hindjou,'n ongetroude man met kinders, het Dinsdagaand op uitnodiging by 'n vriend, Siegfried Rukoro, gaan eet. Ná ete het Rukoro 'n entjie saam met Hindjou huis toe gestap. Naby 'n pad is op die olifant afgekom. Die mans het glo onder 'n mopaniebos gaan skuil, maar Hindjou is daar uitgeruk, teen die grond gesmyt en met die tande op sy bors doodgedruk. Rukoro het volgens beskikbare inligting weggehardloop. Die voorval het in die Omungambu-geweste,'n gehuggie naby Omatjete in die ­Daures-kiesafdeling van ­Damaraland, afgespeel.

Vrydagoggend was daar beweringe van 'n ongemaklike onrus onder die olifante van dié kontrei. Hoewel in 'n amptelike verklaring deur die skakelbeampte van die minsterie, mnr. Romeo Muyunda, geen melding gemaak word oor hoe die olifant aan sy einde gekom het nie, het mense van die kommunale gebied in selfoongesprekke beweer geweervuur is Donderdagmiddag gehoor. Die ministerie het ook nie melding van die geslag van die proleemdier gemaak nie, maar daar is vasgestel dat dit 'n groot koei was.

Volgens Muyunda is ingevolge die natuurbewaringsordonnansie opgetree ingevolge waarvan 'n probleemdier verklaar kan word en dan uitgesit mag word. Dit het gevolg nadat amptenare van die ministerie in die Erongostreek die olifant opgespoor het wat vir die voorval verantwoordelik was. Volgens die verklaring was dit 'n duidelike uitkenning.

Soos gebruiklik is die olifantvleis aan die familie van Hindjou geskenk en bystand van N$5 000 sal ook vir sy begrafnis gegee word.

Muyunda sê ook die bewegings van die olifante in die gebied word gemonitor sedert die eerste beweringe van die beskadiging van eiendom deur die bosreuse. Die doel is om groter skade te voorkom. Terselfdertyd word voorligting aan inwoners van die streek gegee oor hoe om saam met olifante te leef en op te tree.

In die verklaring word na die “afgrys­like” olifantaanval verwys wat tot Hindjou se dood gelei het. Die ministerie verwys ook na 'n toename in die konfliksituasie tussen mense en wilde diere, veral in die Erongo­streek waar olifante wat hulle by die woestynstreek aangepas het, hul ­gebruiklike gebied in die Ugab verlaat in hul soeke na kos en water. Konfliksituasies ontstaan soms wanneer die olifante verby nedersettings beweeg. Wyle Hindjou se dood was die sewende geval as gevolg van ­sodanige konflik sedert die begin van die jaar.

Die minsterie het ook 'n spesiale teregwysing vir mense wat veral in bewaringsgebiede bly waar olifante en ander gevaarlike diere voorkom. Dit is gevaarlik om veral snags ná donker in boswêreld te beweeg. Ander waarnemings was 'n geskreeu en gegil, tromslae, groot vure en 'n verjaging wanneer olifante verby ­blyplekke beweeg. Daaraan moet 'n einde gemaak word, aangesien dit ­olifante kan omkrap en hulle kan laat ­terugkap met die beskadiging van eiendom en selfs die dood van mense.

'n Beroep is ook op toeriste gedoen om nie hommeltuie bokant olifante te gebruik nie en om nie tot baie naby te kom om foto's te neem nie.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%