Oliebergingsaanleg ondersoek
Estelle de Bruyn - Die ondersoek na die nasionale oliebergingsaanleg by Walvisbaai het begin en ondersoekbeamptes maak goeie vordering.
So sê die minister van presidensiële aangeleenthede, mnr. Frans Kapofi, wat verlede Donderdag vrae van mnr. McHenry Venaani, president van die DTA, beantwoord het.
Klagtes oor sekere staatsamptenare is reeds ontvang.
Volgens Kapofi word verwag dat meer lig op die tekortkominge en onreëlmatighede met die implementering van die nasionale oliebergingsprojek gewerp sal word.
Kapofi het daarop gewys dat Namibië 'n regstaat is en dat enige persoon onskuldig geag word tot hy of sy aan 'n oortreding skuldig bevind word.
"Laat ek die feit onderstreep dat pres. Geingob die waardes van deursigtigheid en aanspreeklikheid die hoekstene van sy benadering tot staatsbestuur gemaak het omdat dit gelykstaande aan vertroue is.
"Dit is belangrik dat die publiek se vertroue in die werk en aktiwiteite van openbare instansies en staatsamptenare versterk word. Almal staatsamptenare moet na hierdie doelwit streef. Dit is die enigste manier waarop ons ons mense kan dien en ons land kan ontwikkel," het Kapofi gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie