Olie bevlek verskeie strande
Otic Finck – Sedert Woensdag is bontgestaan om oliebesoedeling op strande in en noord van Walvisbaai skoon te maak.
Die swaarste neerslae is by die Afrodite-ontwikkeling gevind, met mindere uitspoelsels by Pelikaanpunt, Onafhanklikheidstrand en Dolfynpark.
Namport se hawekaptein, mnr. Lukas Kafuna, wou nie kommentaar oor die voorval lewer nie. Sy boodskap was dat die ministerie van visserye en mariene hulpbronne of Namport se uitvoerende hoof, mnr. Bisey Uirab, meer inligting sal verstrek.
Die skoonmaakveldtog word deur Namport en die departement vir maritieme sake in samewerking met die Namibiese Dolfynprojek, die weermag, vloot, brandweer en ‘n skeepsfirma behartig.
‘n Span kommersiële duikers is ontplooi om die afgebakende gebied te ondersoek. Die speurtog na die oorsprong van die lekkasie duur voort.
‘n Inwoner het ook met ‘n video wat op sosiale media versprei is, alarm oor die omgewingsgevaar gemaak. Een teorie is dat die olie uit ‘n skip gelek het.
Beamptes van Namport het die toneel dadelik besoek om die omvang van die besoedeling vas te stel en ‘n skoonmaakprojek van stapel te stuur.
Die Namibiese Dolfynprojek (NDP) het dit as ‘n klein insident bestempel, wat ongelukkig steeds nadelig is. Geen oliebevlekte seevoëls is nog gevind nie.
Die NDP het Namport en toergidse vir hul paraatheid bedank. Inwoners en hengelaars is versoek om dadelik enige tekens van olie aan die relevante owerhede te rapporteer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie