Old Mutual herdenk 172 jaar
Old Mutual herdenk 172 jaar

Old Mutual herdenk 172 jaar

Maria Eiseb
Personeel van Old Mutual het Onafhanklikheidsrylaan in Windhoek saam met lede van die publiek in groen getooi ter viering van die maatskappy se 172ste bestaansjaar.
Tydens die geleentheid het die uitvoerende hoof van bemarking, transformasie en kliëntestrategie, mnr. Ndangi Katoma, gesê Old Mutual spog met 900 personeellede en is sedert 2012 as een van die beste ­finansiële diensverskaffers aangewys.
Volgens Katoma doen die maatskappy ook baie uitreikwerk. “Een van die mylpale wat die maat­skappy die afgelope tyd behaal het, was 'n bydrae tot die diens van sowat 448 erwe in Walvisbaai en Otavi,” het Katoma gesê.
Sedert 2016 het die maatskappy ook 580 huise onder die vandaal van 'n Verantwoordelike Belegger gefinansier. Katoma het voorts gesê die Old Mutual Foundation ondersteun die gemeenskap op onder meer die gebiede van onderwys, gemeenskapsontwikkeling, vaardighede en kapasiteitsbou. Hy het bygevoeg meer as 90 studente het sedert 2007 beurse vir hul onderskeie vakrigtings en loopbaankeuses ontvang.
Die Old Mutual Far North-kampioenskappe en die Old Mutual Victory Race vorm voorts deel van die maat­skappy se ander jaarlikse projekte. Katoma het beklemtoon die maat­skappy sal voortgaan om 'n positiewe invloed op die lewens van hul kliënte en die breë gemeenskap waarin hulle sake doen, te hê.

Kommentaar

Republikein 2025-05-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer