Old Mutual belê in bitcoin
Goldman Sachs meen egter goud is 'n betroubaarder plaasvervanger vir geld as kriptogeldeenhede.
Hanlie Stadler - Old Mutual se internasionale batebestuursafdeling het pas bitcoin ingesluit by sy effektetrustfonds wat in edelmetale belê.
Die Old Mutual Gold and Silver Fund gaan tot 5% van sy bates in kriptogeldeenhede belê.
Suid-Afrikaners kan nie in rand in die fonds belê nie. Die fonds word deur Old Mutual Global Investors bestuur. Suid-Afrikaners kan daarin belê as hulle hul buitelandse toelae gebruik en deur die Old Mutual International-platform belê.
Dis 'n fonds wat slegs vir meer welvarende beleggers voorsiening maak, met 'n minimum belegging van £35 000, US$52 500 of €52 500, het Old Mutual bevestig.
Volgens Ned Naylor-Leyland, fondsbestuurder, gaan die wins wat uit bitcoin gemaak word, in goud- en silwerbates herbelê word.
“Bitcoin is eksplisiet ontwikkel om digitale goud te wees,” sê Naylor-Leyland. “Bitcoin baan die weg vir die herbekendstelling van goud as wêreldgeld.”
Hy sê dit maak sin om kriptogeld in te sluit in 'n edelmetaalfonds.
Bitcoin verhandel op die oomblik teen meer as US$8 000. Daarteenoor verhandel goud al heeljaar in 'n nou band om US$1 200 per fynons.
Die virtuele geldeenheid het ewe veel ondersteuners as skeptici.
Michael Novogratz, wat besig is om 'n verskansingsfonds vir kriptogeld op die been te bring, voorspel dat bitcoin teen die einde van die jaar US$10 000 sal haal.
Ronnie Moas van Standpoint Research verwag dat bitcoin in 2018 selfs US$14 000 gaan haal.
Goldman Sachs reken egter dat goud 'n betroubaarder plaasvervanger vir geld as kriptogeldeenhede is.
Naylor-Leyland verskil hiervan. Hy sê blokkettings los die probleem op van goud wat nie verdeel kan word nie, asook van likiditeit.
Old Mutual se Britse batebestuursafdeling gaan eersdaags herdoop word tot Quilter en gaan in 2018 afsonderlik noteer, is onlangs bekend gemaak. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie