Old Boys, Wanderers wys hul ware kleure
Zane Green met 157 lopies en JJ Smit se 87 was die naweek se kolfhoogtepunte.
Tielman van Lill
Krieket Namibië het Saterdag sy premierliga vir eendagkrieket (50 boulbeurte) afgeskop met twee wedstryde die tweede been van die 2020-2021-seisoen in te lei.
Terwyl Samsung FNB Wanderers die MR24/7 Welwitschias op Walvisbaai se Sparta-veld gepak het, het Ceiling Center WHS Old Boys vir Trustco United in die hoofstad by Gemsbokpark aangevat.
In beide wedstryde het die gunstelinge, Old Boys en Wanderers, eerste gekolf om gemaklik hul uitstappies te beklink. Veral Old Boys het sake gedomineer met ’n massiewe 348 lopies vir die verlies van vyf paaltjies in sy toegelate 50 beurte, waarna die gasheer vir 154 almal uitgeboul is.
Die Wit Hingste teken ’n makker 245/6 om die Welwitschias (64 almal uit) in die 24ste boulbeurt uit te knikker en ’n sege met 181 lopies te beklink.
Met ’n gros nasionale spelers in die Old Boysspan, het die Filistyne nie veel antwoorde vir die besoekers se boulaanval gehad nie. United is met 194 lopies oorrompel toe sy laaste paaltjie in sy 37ste boulbeurt geval het. Die enigste ligpunt vir United was Lo-han Louwrens se 62 lopies wat hy van 48 aflewerings (6x6, 1x4) gemoker het.
Die Old Boys-boulpoging is gelei deur Gerhard Erasmus, die nasionale Eagles-kaptein, met 2/12 in 4 boulbeurte (bb); Dirk Theunissen 2/32 (6.2 bb), Divan la Cock 2/56 (8 bb), Tangeni Lungameni 1/17 (7 bb), Mauritius Ngupita 1/22 (6 bb) en Melrich Robyn 1/15 (5 bb).
Zane Green, aanvangskolwer en kaptein van Old Boys, se skitterende 157 lopies van 135 aflewerings was ongetwyfeld die hoogtepunt van die naweek se kolfbeurte. Hy het nie minder nie as 17 balle (12x4, 5x6) met finesse na die grenstou gejaag voor hy deur Nyashadzaishe Nyasha van ’n aflewering van Hendrik van der Walt uitgevang is.
Erasmus op nommer drie (42 van 40 b, 3x4, 2x6, gevang Nyasha, geboul Louwrens) lewer self ’n stewige bydrae. Old Boys se tweede hoogste telling (54 van 47 b, 3x2, 2x6, gevang Delport, geboul Dickson Vambe) kom egter van Malan Kruger se wilgerlat. Die 19-jarige Divan la Cock het hom ook laat geld en jaag ’n vinnige 34 (36 b, gevang Chiwara) voor hy ook ’n slagoffer van Vambe word.
Die jeugdige Gerhard Janse van Rensburg (18*, 26 b) is nog ’n o.19-speler wat stelselmatig besig is om sy voete as kolwer in die premierliga te vind.
Christian Schumacher het in sy terugkeer tot die speelveld op nommer sewe gaan kolf en 11* (7 b) saam met Janse van Rensburg behaal voordat die boulbeurte opgedroog het.
Die Filistyne se deurbrake is deur Vambe (3/70 in 10), Van der Walt (1/32 in 5) en Louwrens (1/50 in 10) bewerkstellig.
HINGSTE TRAP KUSSPAN
Wanderers se eerste drie kolwers kon by Sparta-veld ’n skrale 25 lopies (53 aflewerings) op die telbord plaas, maar toe het JJ Smit voor die penne stelling ingeneem.
Hoewel hy volgens sy standaarde ’n versigtige 87 lopies van 132 balle (5x4, 3x6) aangeteken het voordat William Lottering hom uitgeboul het, het Smit en Jan Frylinck (69 van 103 b, 6x4, gevang Renier Bosman, geboul Michael van Lingen) stadig maar seker hul span se onstuimige bootjie na kalmer waters met ’n stewige vennootskap gestuur.
Te min balle het oorgebly om as werklike kolfkans vir Karl Birkenstock (4* van 5 b) en Michau du Preez (10 van 8 b, 1x6, gevang Mias Strauss, geboul Van Lingen) te kon tel.
Van Lingen (3/60 in 10) was sy span se beste bouler, gevolg deur ’n ekonomiese vertoning deur Bosman (1/21 in 10), Scott Winborn (1/33 in 6) en Lottering (1/23 in 3).
Matthew de Gouveia was egter die enigste kolwer van die Welwitschias wat enige weerstand kon bied. De Gouveia het op nommer ses ingestap met sy span op 23/4 in groot moeilikheid. Hy het 23 van 41 balle versamel (2x4) voor een van Bernard Scholtz se draaiers hom geflous en deur Frylinck laat uitvang het.
Smit met 4/23 in ses boulbeurte is die besoekers se topbouler. Vreemd genoeg het sy 16 wydlopers vir die dag afgestaan.
Scholtz met 3/11 in 5.1 was met tye onspeelbaar, terwyl Birkenstock opnuut ’n afgeronde vertoning met 2/13 (5 bb) lewer. Jan Frylinck (1/16 in 6) het vir Samson Chivi, aanvangskolwer van die kusspan, vir een lopie deur Birkenstock laat uitvang.
Wanderers (19 ekstras, 18 wydlopers) en Welwitschias (50 ekstras, 33 wydlopers) het blykbaar beide met aflewerings gesukkel wat baie geswaai het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie