Old Boys se sestal haak knoop deur
Krieket
Die gasheerklub CCD Tigers het die individuele speler van die toernooi opgelewer, maar dit was WHS Old Boys wat as wenspan sy titel behou het in laas naweek se CCD Tigers ses-aan-’n-kanttoernooi in Pionierspark.
Appel de Klerk (CCD) is as speler van die toernooi bekroon vir sy ses paaltjies en 48 lopies.
Die kampioenspan WHS Old Boys se Donovan Zealand is as die topbouler met ses paaltjies aangewys, met sy spanmaat Malan Kruger die topkolwer met 135 lopies.
Die unieke formaat van ses-aan-’n-kant toernooie is dat vyf lopies van die span se totaal afgetrek word wanneer hulle ’n paaltjie verloor.
In die bekerfinaal het die Old Boys met hul totaal van 52/1 (Zealand 30 nie uit nie van 18 balle) die knoop deurgehaak teen Samsung FNB Wanderers se 52/3. Die verskil was dus effektief tien lopies (47 teen 37).
Agt spanne het mekaar oor drie dae uitgedaag. Die ander finale se uitslae was soos volg:
Plaatfinaal: Namib Diesel (56/3) klop CCD (49/4).
Bowl-finaal: Wanderers II (67/1) klop Titans (25/3).
Houtlepelfinaal: Zebras (50/1) klop CCD Uitnodigingspan (47/3).
Die finale stand: 1 WHS, 2 Wanderers I, 3 Namib Diesel, 4 CCD Tigers, 5 Wanderers II, 6 Titans, 7 Zebras, 8 CCD Uitnodigingspan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie