Old Boys het opnuut die laaste sê

Eendagkrieket
Tielman van Lill
Tielman van Lill



Ceiling Centre WHS Old Boys 1 (151/1 in 28.5 boulbeurte) het Saterdagmiddag Krieket Namibië se eendagpremierligatitel vir die tweede ­agtereenvolgende jaar teen Samsung FNB Wanderers 1 (149/10 in 49.1) beklink deur die botsing met nege paaltjies in Pionierspark te wen.

Wanderers het die opskiet van die munt verloor en is deur Gerhard Erasmus, kaptein van Old Boys, ingestuur om eerste te kolf. Dié besluit deur Erasmus was beslis die regte een, want die gasheer het gesukkel om lopies op 'n moeilike kolfblad aan te teken. Met reën wat die vorige nag in die hoofstad geval het, het die kolfblad redelik onder die dekseile gesweet wat vir 'n oneweredige wip van die bal gesorg het en die buite­veld was klam en stadig.

Old Boys se gedissiplineerde boul- en ­veldwerk het gesorg dat hulle net agt bylopies in 49.1 ­boulbeurte afgestaan het. Dit sluit ses wydlopers en twee by­lopies in.

Die Wit Hingste se sterk kolflys kon net tien grenshoue behaal met drie sesse en sewe viere op hul telkaart ingevul. Vyf van die grenshoue het van die kolf van JJ Smit gekom, terwyl agt van sy kolwers uitgevang en twee geboul is.

Dit was egter Craig Williams van Old Boys op sy verwoestende beste as kolwer ondersteun deur Wimpie Viljoen, wat die gasheer se ondergang beteken het. Williams slaan 68 lopies van 62 aflewerings (4x4, 3x6) voor hy van Bernard Scholtz (1/29 in 5) se boulwerk deur Smit uitgevang word.

Viljoen (63, 94 b, 5x4) was heelwat meer bedees as Williams, maar lewer broodnodige ondersteuning aan Williams om vrylik te speel.

Ná Williams moes stap, gee Erasmus (9*, 22 b) die nodige steun aan Viljoen om sy lopietelling te versnel om in 28.5 boulbeurte die titel te verdedig.



WANDERERS

Dewald Nell (1 leeg, 0/21 in 5) vaar die beste van Wanderers se naatboulers, maar Jan Frylinck (0/46 in 7) en Karl Birkenstock (0/36 in 5) word swaar gestraf. Nicolaas Scholtz (0/7 in 2) is sy ou bestendige self, maar Danie van Schoor (0/10 in 0.5) kry nie kans om behoorlik op te warm nie.

Smit (61 lopies van 124 aflewerings, 4x4, 1x6) op nommer vier, was die gasheer se beste kolwer. Met Wanderers se telling op 31 vir die verlies van sy topdrie kolwers, het Smit ingestap en 'n verantwoordelike beurt gespeel om hul kolfbeurt te probeer red.

Met Wanderers se openingspaar, van Schoor (16, 28 balle, 1x4, 1x6, gevang Gerhard Janse van Rensburg, geboul Ruben Trumpelmann) en Niko Davin (2, 8 b, gevang Erasmus, geboul Trumpelmann), terug in die kleedkamer, was JP Kotze, Frylinck en Birkenstock nog daar om saam met Smit die telbord aan die gang te hou.

Maar Smit kry min ondersteuning van Kotze (13, 20 b, 2x4, gevang Divan la Cock, geboul Tangeni Lungameni), Frylinck (26, 62 b, gevang Lungameni, geboul ­Mauritius Ngupita), Birkenstock (14, 30 b, 1x6, gevang Williams, geboul ­Lungameni), Michau du Preez (0, 1 b, geboul deur La Cock), Ruben Claassen (5, 16 b, geboul deur La Cock), Scholtz (1, 2 b, gevang Erasmus, geboul La Cock), Bernard Scholtz (3, 4 b, gevang Trumpelmann, geboul Williams) en Nell (0*, 0 b).

Vir Old Boys het sy naatbouler, Trumpelmann (3/22 in 10), en draaibalbouler, La Cock (3/18 in 4), beide drie paaltjies elk vir 'n suinige 40 lopies tussen hulle platgetrek.

Lungameni stuur drie leë boulbeurte af en steek 2/19 in 10 in sy sak. Williams (1 leeg, 38/1 in 9.1) word die swaarste deur die Wanderers kolwers gestraf, maar vergoed met sy kolf daarvoor. Ngupita (4 leeg, 1/31 in 10) rond die besoekers se boulaanval af.



KAPTEINS sê

Erasmus het gesê: “Ons is baie trots as span om vir coach Gareth (Cloete) op die wyse koebaai te sê. Hy het die afgelope paar jaar die klub se jong manne grootgemaak en ons het hom een geskuld. Ons senior spelers het op die dag opgestaan en dit is altyd wat jy in 'n finaal soek.

“As klubkaptein is dit fantasties om 'n trofee te wen, maar die grootste oorwinning vir ons die seisoen was dat ons ons onder 19-spelers goeie bloodstelling gegee het en dat ons ons karakter as 'n ontwikkelings- en inklusiewe klub volhou het.”

Scholtz, kaptein van Wanderers het gesê: “Ons het te veel paaltjies op 'n gereelde basis verloor om van die 40ste boulbeurt skouers oop te maak.

“As ek die lootjie gewen het, sou ek ook geboul het, maar ek kan nie die val van die munt die skuld gee nie. Dit is nie goed vir krieket nie.

“Al die krediet aan Old Boys wat met goeie lyne en variasies goed geboul en met uitstekende veldplasings aangeval het om die titel te behou.

“Ons en Old Boys is die twee toonaangewende klubs in Windhoek, hulle kan maar weet ons gaan volgende jaar hard vir hulle gaan.”

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Bologna 3 vs 3 Juventus | Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona #N/A Currency: GBP to NAD 23.41 | EUR to NAD 19.96 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.46 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 848.36 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 47.1 | USD to KES 132.23 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.47 | USD to ZMW 26.42 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78956.06 Down -0.67% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1760.93 Down -0.06% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.53 Down -0.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27205.14 Down -0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 335.60/OZ DOWN -0.0196 | Copper US$ 4.75/lb DOWN -0.0057 | Zinc US$ 3 066.50/T DOWN -0.2% | Brent Crude Oil US$ 81.36/BBP DOWN -0.007 | Platinum US$ 1 019.39/OZ DOWN -0.0173 #N/A