Old Boys en Tigers neem groot treë met seges
Krieket
Tielman van Lill
WHS Old Boys 1 en CCD Tigers 1 het Saterdag in die hoofstad vir Samsung FNB Wanderers 1 en die MR24/7 Welwitschias 1 onderskeidelik met 37 lopies en agt paaltjies in Krieket Namibië se 50-beurt premierliga gestuit.
Die kolfblad by die FNB Vegkopstadion was in die verlede menige span se tier, maar met Old Boys wat eerste gekolf het en 250/10 in 47.1 boulbeurte (bb) teen 5.3 lopies per bb geslaan het, wil dit lyk of dié blad ’n raps meer kolwervriendelik geword het.
Die Wit Hingste se antwoord van 213/10 in 44.4 bb teen 4.77 lopies per bb, was eenvoudig net nie genoeg om hul eweknieë ’n oorwinning te ontsê nie. Selfs Herschelle van Schalkwyk, draaibalbouler van Wanderers, se besondere 5/61 in 9.1 bb, was nie genoeg om die gasheer inbedwang te hou nie.
Zane Green wat saam met Wimpie Viljoen (0, 3 balle, been voor paaltjie deur Jaiz de Villiers) Old Boys se beurt geopen het, het ’n fees saam met Gerhard Erasmus voor die paaltjies beleef. Hulle het ’n stewige 51 lopievennootskap bymekaar gesit voordat Green vir 43 (53 balle, 5x4,1x6) deur JP Kotze, die paaltjiewagter, agter die penne van Van Schalkwyk se aflewering uitgevang is.
Erasmus kolf byna teen ’n treftempo van 100 persent en loop sy 100-tal (94 b, 6x4, 7x6) met sewe lopies mis toe hy hom met ’n aflewering deur Van Schalkwyk misgis en Niko Davin hom uitvang.
Die ervare Craig Williams (36, 38 b, 4x6 vang Wessel Myburgh, boul H.van Schalkwyk) en Riaan Minnie (18, 35 b) word Van Schalkwyk se derde slagoffer toe hy Minnie been voor paaltjie betrap. Dian la Cock (19, 32 b, 1x4, 1x6, vang Michau du Preez, boul Bernard Scholtz) en Jason Bandlow (14, 12 b, 1x6, bvp Jan Frylinck) behaal die laaste dubbelsyfers vir die gasheer.
Vir Wanderers is H. van Schalkwyk met 5/61 in 9.1 bb Wanderers se groot uitblinker gevolg deur J. Frylinck met 3/17 in 9 bb asook J. de Villiers en B. Scholtz wat elkeen ’n paaltjie neem.
Nadat die openingspaar van Niko Davin en Wessel Myburg saam slegs 28 van 51 aflewerings kon bemeester, was Bernard Scholtz op nommer agt met 60 lopies (78b, 5x4, 1x6, vang Wimpie Viljoen, boul Tangeni Lungameni) die besoekers se beste kolwer.
Davin (10, 15 b, 2x4, vang Z. Green, boul C. Williams) en Myburgh (18, 36 b, 2x4, vang en boul Williams) word deur die gesoute Williams verras wat die Hingste se aanslag ’n ernstige knou toedien. Die paaltjiewagter, JP Kotzé op nommer drie, (33, 27 b, 5x4, 1x6, vang Z. Green, boul Melrich Robyn) en Nicolaas Scholtz op sewe (28, 53 b, 3x4, 1x6, boul Gerhard Erasmus) lewer ook goeie bydraes.
Die twee boulers J. de Villiers en JC Balt probeer vir oulaas weerstand bied. De Villiers se 12 (24b, 1x4, boul M. Robyn)en Balt se 16 lopies (13 b, 1x4, 1x6, vang W. Viljoen, b C. Williams) is glad nie te versmaai nie.
Vir Old Boys skitter Gerhard Erasmus met 3/43 in 10 bb, gevolg deur Craig Williams 3/31 in 7 bb en Melrich Robyn 3/60 in 9 bb. Tangeni Lungameni (1/29) met ’n ekonomiese treftempo van 3.8 per bb is sy span se suinigste bouler.
Tigers versus Welwitschias
Die besoekers van die kus kolf eerste en word vinnig in 40.3 bb vir 120 uitgeboul. Ongelukkig wil sake nie vir die Welwitschias vlot verloop nie en sukkel om teen 2.96 lopies per bb te kolf. Vier van sy kolwers behaal dubbelsyfers, maar die res van die bydraes sluit drie nulletjies, ’n 7 asook ’n 4, 6 en 2 in.
Die openingspaar Lauritz Haccouc (23, 48 b, 1x4, 2x6, vang Norbert Manyande, boul Mika Mutumbe) en Scott Winborn (14, 23 b, 2x4, uitgehardloop Picky Ya France) bied aanvanklik weerstand. Justus Hangula (25, 36 b, 2x6, boul P. Ya France) is sy span se voorste lopiemaker gevolg deur Matthew de Gouveia wat hard werk om 20 van 67 aflewerings aan te teken. Hy word egter deur sy nasionale o.19-spanmaats, Nicol Loftie-Eaton (boul) en Ramon Wilmot (gevang) uitgeknikker.
Ben Shikongo trek 3/24 in sy 10 bb plate gevolg deur die draaibalbouler, N. Loftie-Eaton, wat ewe hardnekkig 3/12 in 6.3 bb volhard om die beste ekonomiese syfers (1.8 per bb) te spog. P. Ya France met 2/8 in 5 bb asook Mika Mutumbe (1/12 in 6 bb) rond die prentjie vir Tigers se boulvertoning af.
Tigers het net Ya France en Loftie Eaton nodig om onoorwonne teen 6.95 lopies per bb ’n oorwinning te behaal. Ya France teken 51* van 51 aflewerings aan wat twee viere en drie sesse insluit. Loftie-Eaton is meer aggresief met sy wilgerlat en sy 44* kom binne 32 balle. Hy moker in die proses ses viere en twee sesse om hul sege met 124/2 te beklink.
Vir die Welwitschias behaal net Herman Karsten sukses. Sy 2/29 in 7 bb is heel skaflik terwyl sy medeboulers swaar deur Tigers se kolwers gestraf is.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie