Okahandja waar twee kort riviere ontmoet Semper Prorsum....ever forward
KOOS SWARTS SKRYF:
Ja, lanklaas iets oor ons voormalige Tuindorp gelees. . .
Ek kom tot die gevolgtrekking dat ons tog maar die strydbyle moet begrawe, want ons stryd is mos nie teen mekaar nie, maar teen die bose geeste in die lug. Dit was en is nog altyd my filosofie dat as een hand die ander een was, word albei skoon. Een swaeltjie maak tog nie die somer nie. Laat ons almal eerder deel wees van die oplossing as die probleem.
As jy groot dele van Nau-Aib en Vyfrandkamp moet vergelyk met verlede jaar, dan is dit baie skoner. Danksy 'n tender wat deur die munisipaliteit toegeken is. Op daardie gebied het ons vorentoe beweeg.
By navraag oor die dorp en Veddersdal se skoonmaak, is dit teleurstellend om te verneem dat daar nie geld vir verdere tenders is nie. Die tuinvullishope in die dorp word net verder ontsier met huisrommel.
Ons is dankbaar vir die skoonmakers wat optel, maar jy sien min dat die vragmotors iets wegry. Dis regtig erg om te sien hoe party inwoners nie omgee nie.
Ons is dankbaar vir 'n welwillende sakeman wat twee dromme geskenk het wat aan die bo- en onderpunt van Huis Sonder Sorge ingeplant is. Die vullis in en langs die drom is in 'n radius van 20 meter opgetel. Ons vra tog vriendelik vir alle voetgangers om die vullisdromme te gebruik.
Die area oorkant die spoorlyn is 'n regte bostoilet. Heel dikwels sal iemand net stop en langs die pad urineer.
Nog 'n groter probleem is die straatkinders. Dis goed en wel om vir hulle kos of geld te gee, maar dis 'n tydelike oplossing. Dis so goed jy gee elke dag vir iemand vis, maar leer hom nooit om vis te vang nie. Vra jy dat hulle moet help optel, wil hulle tussen vyf en tien dollar per sak hê. Jy sien telkens sakke oopgeskeur lê en dan wonder jy is dit hulle stoutigheid of soek hulle kos.
Ons kon na tien jaar in Okahandja nog nie daarin slaag om belangstellendes bymekaar te kry, die bul by die horings te pak en te kyk hoe ons oplossings kan vind nie. Ek dink stellig ons munisipaliteit kan dit koördineer.
Wonderlik om in Woensdag se Republikein te lees hoe Bank Windhoek van Omaruru en die munisipaliteit kragte saamgesnoer het en Ubasen Laerskool N$2 000 gewen het met 3 600 kg se herwinbare materiaal. Ook goed om te hoor dat Swakopmund gaan wegdoen met plastieksakke en herbruikbare inkoopsakke gaan gebruik.
Die spannetjie met die plakkate in die hand het een Saterdag 55 sakke rommel op eie inisiatief en koste in die rivier opgetel. Op die plakkate is slagspreuke geskryf soos: “God loves you, why litter; Take care of our environment; God just borrows it to us," ens. Die plakkate is teen die bome opgeplak en verbasend is baie nog daar. Onder party lê die rommel uit die aard van die saak weer dik gestrooi.
Ook daar het die munisipaliteit ons hand nodig om dromme aan te bring. Wat van die vyf geword het, wat dieselfde sakeman geskenk het, weet ek nie. Soos ons al 'n vorige keer genoem het: Hierdie morsjorse is nie net van Okahandja nie.
Ek dink die rede hoekom Outjo, Swakop en Walvisbaai skoon is, is omdat elkeen sy eie tuinrommel moet verwyder. Dan is daar nie ruimte vir huisrommel nie.
Ry jy suid, wes, oos of noord, rommel lê langs die pad gestrooi. Hoor of sien mense nie hoe ons planeet aarde gebuk gaan onder al die besoedeling nie? Sien hulle nie hoe Walvisse vrek met meer plastiek in hulle maag as kos nie?
Ja, ons kan bid, maar ons moet ook doen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie