Okahandja stel voorbeeld met eerste toernooi
Tennis
Tielman van Lill - Kallie Heese se tennisskool het die afgelope naweek saam met Primêre Skool Okahandja 'n suksesvolle kompetisie vir junior spelers by dié tuindorp se tennisbane aangebied.
Die dag se gebeure het feestelik by die laerskool onder begeleiding van die militêre orkes afgeskop, waarna die toeskouers eers met tradisionele danse by die tennisbane vermaak is om die geskiedkundige dag in te lui.
Dit was 'n historiese dag vir die Primêre Skool Okahandja (OPS), want tennis was maar onlangs as 'n kode by die skool bekendgestel. Ouers en onderwysers het aan die werk gespring om die byeenkoms moontlik te maak waar meer as 50 deelnemers van ses skole mekaar daarna in die ouderdomsgroepe onder 8, o.10, o.12 en o.14 gepak het.
Joanivia Bezuidenhout is die eerste speler van OPS wat onder die vyf bestes in haar ouderdomsklas (o.14) in Namibië tel. Dalk is sy die volgende sterspeler wat van 'n klein skooltjie in Okahandja kom wat sekerlik goeie dinge vir tennis in die land voorspel.
Mnr. Natangwe Nashidengo, skoolhoof van OPS, was beïndruk met die toernooi en het die ouers en die dorp vir hul ondersteuning en bydrae bedank.
“Ná vandag is ek oortuig daarvan dat tennis in Okahandja gaan groei met 'n blink toekoms wat wag,” het die hoof gesê.
Die voorste uitslae:
O. 8 meisies: Isolde Bezuidenhout. O.8 seuns: Breyton Bezuidenhout.
O.10 meisies: Roxy Pieterson. O.10 seuns: Daniel Iipinge.
O.12 meisies: Rashida Brukeni. O.12 seuns: Tristan Jacobs.
O.14 meisies: Joanivia Bezuidenhout. O.14 seuns: Stefan Koen.
Skoolkinders wat belangstel om tennis as 'n sport op te neem, kan SP van Wyk by [email protected] of by 081 206 0174 vir meer besonderhede kontak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie