Okahandja BV kraai koning
Okahandja BV kraai koning

Okahandja BV kraai koning

Gerine Hoff
Okahandja se boerevereniging is volgende jaar die gasheer van die Meatco Nasionale Braaikompetisie, nadat hulle einde Maart by die jaarlikse braaifees met die louere weggestap het.
Die kompetisie het op 27 en 28 Maart op Hochfeld plaasgevind met die tema “1935” aangesien Hochveld se BV – wat verlede jaar gewen het – in 1935 gestig is.
Die braaikompetisie, wat vanjaar vir die 35ste keer aangebied is, is vir die eerste keer in 1981 op die plaas Cordowa in die Steinhausen-omgewing gehou, toe die plaas se eienaars, Karl Heinz en Sheila Meiberger, die geleentheid geïnisieer het. Aanvanklik was dit net op boereverenigings gemik, maar mettertyd het sosiale spanne ook aangesluit.
Vanjaar het nege boereverenigings en tien sosiale spanne aan die kompetisie deelgeneem. Volgens die organiseerders is meer inskrywings ontvang, maar weens die swaar neerslae het van die spanne onttrek.
Om volgende jaar se kompetisie aan te bied, is Okahandja BV met N$100 000 beloon, waarvan N$20 000 vir die vereniging is en die ander N$80 000 vir die groot geleentheid opsy gesit is.
Om die wenners te kies, was nie maklik nie, met plaaslike en internasionale beoordelaars wat hul sê oor die hoofdisse en bykosse moes sê.
Uhlenhorst BV die tweede plek ingeneem terwyl Buddies Workshop N$10 000 in die sosiale kategorie gewen het.
Hoewel die braaiery die middelpunt van die byeenkoms was, het ongeveer 45 uitstallers met hul produkte en dienste kom spog. LA Sport het ook ? sterkmankompetisie by die geleentheid aangebied.

Kommentaar

Republikein 2026-06-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer