OJ ‘n vry man in Oktober
OJ Simpson (70), waarskynlik een van die mees hoë-profiel moordverdagtes wat vrygespreek is en later vir gewapende roof tronk toe gestuur is, sal in Oktober op parool vrygelaat word nadat hy nege jaar agter tralies in Nevada deurgebring het.
“Ek’t my tyd gedoen,” het die voormalige voetbalster vandag tydens ‘n verhoor van meer as ‘n uur aan die paroolraad gesê.
Simpson het voet by stuk gehou dat hy destyds net probeer het om sportmemorabilia terug te kry wat van hom gesteel is. Dit was nooit sy bedoeling om enigiemand seer te maak nie. – Nampa/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie