Ohorongo bevorder plaaslike logistiek
’n Openbare-private-vennootskap het waarde tot die noordelike spoorweg gevoeg terwyl goedere veilig en doeltreffend vervoer word.
Namibië het baie geld in die opgradering van infrastruktuur soos paaie, hawens en sy spoorweë belê om sy handelsroetes te verbeter.
Ohorongo Cement is ’n plaaslike onderneming wat by dié infrastruktuur baat.
Ongeag die verhoogde koste van diesel bly Ohorongo afhanklik van derdeparty-vervoerders en ondersteun só ook klein en medium sakeondernemings (SME’s).
Volgens mnr. Hans-Wilhelm Schütte, Ohorongo Cement se besturende direkteur, is die huidige logistieke stelsel in Namibië voldoende, en as dit doeltreffend aangewend word, kan dit langtermyn-impak op die land se ekonomie hê.
“Dit bied private individue die geleentheid om langtermyn-werksgeleenthede te skep wat volhoubaar is,” het hy gesê.
Die maatskappy het 'n bewaringstoor op Ondangwa geopen danksy 'n openbare-private-vennootskap met TransNamib om grond by die Ondangwa-stasie te huur.
Dit is deel van die Northern Railway Extension-projek wat van Tsumeb tot Oshikango strek.
Die venootskap het waarde tot die noordelike spoorweg gevoeg terwyl goedere veilig en doeltreffend vervoer word.
Die bewaringstoor is strategies geleë, wat grootmaat-sementverspreiding van verskillende sementtipes na plaaslike en internasionale markte vergemaklik.
“Ons is een van die min maatskappye in Namibië wat daagliks van die spoorweg gebruik maak. Die depot het ook die deur vir baie entrepreneurs, en veral vir vervoerders oopgemaak,” het Schütte gesê.
Een vervoerder wie se besigheid uitgebrei het sedert die Ohotongo-bewaringstoor op Ondangwa opgerig is, is The 6 000 Group Transport & Garage Namibia, van wie mnr. Mario Upite die eienaar is.
The 6 000 Group
Upite was die bestuurder van ’n tweedehandse motorhandelaar op Oshikango toe hy bewus geraak het van die toenemende aanvraag in die vervoer van goedere na Angola.
Hy het ’n onderneming gestig en in twee vragmotors belê. In 2008 het hy goedere van Oshikango na Angola begin vervoer.
“In 2012 is ek deur Ohorongo genader om hul produk na alle uithoeke van Namibië en ook oor die grens na Angola te vervoer,” het hy gesê.
Dié vennootskap het Upite in staat gestel om nóg 33 vragmotors aan te koop en 84 mense in diens te neem.
“Een van my vragmotors ry sowaar 20 000 kilometer per maand.”
The 6 000 Group is nie net ’n vervoeronderneming nie. Van hul bedrywighede sluit ’n werkswinkel, die verkoop van bande en boubedrywighede in.
“Ek sal graag my vervoeronderneming wil uitbrei, hoewel die huidige ekonomiese klimaat my ’n bietjie bang maak. Ek sal wag en kyk wat die toekoms inhou. Meer vragmotors beteken meer werksgeleenthede en ek hoop dit is ’n moontlikheid in die toekoms,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie