Oempa-oempa met Duitse orkes
Die Duitse trekklavierorkes Fröhliche Eichsfelder en die Windhoek Mannekoor maak môre om 18:00 saam hul buiging by die Auas Hills-aftreeoord in Windhoek. Die orkes uit Thüringen bestaan uit 31 lede tussen die ouderdomme van 15 tot 33 jaar. Hul eerste optrede in die land was verlede week saam met die Swakopmundse Mannekoor op dié vakansiedorp. Fröhliche Eichsfelder se repertoire sluit van klassieke tot rock- en popmusiek in. Toegang vir die optrede in Windhoek is gratis, met ’n kontantkroeg wat beskikbaar sal wees.
foto verskaf
foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie