Oefenkamp moet grondslag lu00ea
Oefenkamp moet grondslag lu00ea

Oefenkamp moet grondslag lê

Rugby
Andrew Poolman
Andrew Poolman



Die Namibië Rugby-unie (NRU) het gister die name van 37 spelers aangekondig wat gekies is vir deelname aan ''n voorseisoense oefenkamp ter voorbereiding om mededingend in die 2017 Curriebeker te wees.

Nog ''n doelwit vir die oefenkamp (10 tot 17 November) is om die struktuur van die Nasionale Rugby-akademie se program bekend te stel. Die Akademie se nuut aangestelde hoofafrigter Roger Thompson sal nou saamwerk met Namibië se hoofafrigter, Phil Davies, en die kondisioneringsafrigter Wayne Proctor om ''n Akademie-program te vestig.

Die Akademie behoort te verseker dat meer jong spelers in Namibië behoue bly. Spelers sal van jongs af opgelei en in die kultuur van Namibiese rugby gebrei word om hulle stelselmatig in die nasionale spanne bloot te stel.

Die NRU se president, mnr. Bradley Basson, sê: “Dit is deel van ons strategiese oogmerk terwyl ons voorberei om te kwalifiseer vir die 2019 Wêreldbeker-toernooi, dat ons ''n nasionale akademie vestig wat ons sal toelaat om te kompeteer met ander Vlak Twee lande wat onder die top 20 van wêreldrugby is.

“Volgende jaar is ''n belangrike tydperk in ons rugby omdat ons vir Wêreldbeker-kwalifikasie voorberei. Al ons pogings is daarop gemik om ons eerste wedstryd by ''n Wêreldbeker-toernooi te wen, asook om ons plek op die wêreldranglys te verbeter.”

Die welsyn van spelers is ''n belangrike fokus in hierdie kamp. Die NRU het ''n kenner op die gebied van sportverwante dieet genooi, wat spelers op verskillende vlakke oor die optimale gebruik van voeding sal onderrig. Strategiese en kulturele sessies sal ook gehou word met die spelers en bestuurspan gedurende die weeklange kamp.

''n Verteenwoordiger van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (SAIDS) sal ook die kamp bywoon. Toetse vir verbode middels sal tydens die kamp uitgevoer word.



DEURKYK

Afrigter Phil Davies se oefengroep is meestal saamgestel uit plaaslik gebaseerde spelers vir wie hy in hierdie stadium wil evalueer – deels ook met die oog op die toekoms.

Aanvanklik sou die oefenkamp vir die volle nasionale groep gewees het met die oog op ''n wedstryd teen die Suid-Afrikaanse A-span, maar toe dié wedstryd deur die mat val, was die professionele unies nie meer verplig om hul Namibiërs vry te stel nie.

Dit verklaar die afwesigheid van die land se topspelers soos Renaldo Bothma, Torsten van Jaarsveld, Tjiuee Uanivi, Johann Tromp en talle ander. Van die premierliga se kampioenklub FNB Unam is sommige spelers se fokus tans ook op die komende Safland Sewestoernooi op Swakopmund.

Sommige spelers is op pad terug ná beserings, soos Western Suburbs se losvoorspelers Thomasau Forbes en Roderique Victor.

Davies sê: “Dit is ''n ideale geleentheid vir die spelers wat gekies is om die kamp by te woon om vir ons nasionale span raakgesien te word.”

“Ons glo ons span sal volgende jaar in sy tweede seisoen in die Curriebeker veel meer mededingend wees. In hierdie groep is spelers wat Namibië by die 2015 Wêreldbeker verteenwoordig het, soos Rohan Kitshoff en Leneve Damens asook ''n paar Suid-Afrikaans gebaseerde Namibiese burgers wat onlangs in die Curriebeker-reeks deelgeneem het (soos JC Greyling en Theuns Kotzé).”



Die gekose spelers:

Unam: Leneve Damens, Cameron Klassen, Muniovita Kasiringua, Thomas Kali.

Wanderers: AJ de Klerk, Quintin Esterhuizen, Gerhard Lotter, Ruan Ludick, Tinus du Plessis, Shaun du Preez, Heinrich Smit, Rohan Kitshoff, Nian Berg, MP Pretorius, Mahco Prinsloo, Francois Wiese, JC Greyling, Malcolm Moore.

Western Suburbs: Justin Nel, Gino Wilson, Darryl de la Harpe, Russell van Wyk, Eugene Jantjies, JC Winkler, Thomasau Forbes, Roderique Victor.

United: Collen Smith.

Kudus: Aurelio Plato.

OP Kings: Cliven Loubser.

Boland: Theuns Kotzé.

Goue Leeus: Cameron Langenhoven.

Luiperds: Louis van der Westhuizen, Hans Breedt.

Sharks: Justin Newman, Johan Retief.

Westelike Provinsie: Christo van der Merwe.



AFRIGTER

Die Namibië Rugby-unie is steeds aan die onderhandel met van die kandidate vir die geadverteerde posisie as hoofafrigter van die Curriebeker-span vir 2017 en kon gister nog nie ''n aankondiging hieroor doen nie.

John Williams, die NRU se bestuurder van rugbysake wat die Welwitschias in vanjaar se reeks afgerig het, het reeds bedank en het aangedui dat hy aan die einde van November na Suid-Afrika terugkeer om sy aandag op sake buite rugby te vestig.

Kommentaar

Republikein 2025-12-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer