Oefengroep begin werk vir Hongkong 7's
Goeie vertonings by die proewe is vir verskeie nuwe aanspraakmakers beloon.
Andrew Poolman - Talle nuwe name is ingesluit toe die nasionale sewesrugby-oefengroep ter voorbereiding op die Hongkong Sewes later vanjaar bekend gemaak is.
Die Namibië Rugby-unie het die groep na afloop van laas Woensdag se “finale” proefwedstryde aangekondig, nadat proewe en fiksheidstoetse ook twee naweke tevore gehou is.
Vandat afrigters Jurie Booysen en Robbie Dickson in die tweede helfte van verlede jaar aangestel is, was hulle in twee internasionale toernooie betrokke, naamlik die Afrika-seweskampioenskap in Kenia en die Safland Sewes op Swakopmund.
Die nuutste oefengroep verskil opnuut wesenlik van die voriges, met Booysen en Dickson wat steeds oor die weg kom sonder die vyftienman-spelers vir wie ook 'n besige jaar van Curriebeker- en toetsrugby voorlê. Uiteraard bied sewesrugby oorgenoeg geleenthede vir spelers om met goeie vertonings hul eie profiel (asook die land s'n) te verhoog.
Die Hongkong Sewes in Aprilmaand is die geleentheid waar Namibië terselfdertyd sake teen ander aanspraakmakers sal uitspook om 'n plek op die gesogte HSBC Wêreldsewesreeks te verdien.
Die oefengroep (spelers wat nog nie tevore in Namibiese sewesgroepe was nie met • gemerk):
Handre Bezuidenhout (Trustco United)
Dewald Coetzee (• United)
Martin Cronjé (• United)
Janry du Toit (• WP Rugby-akademie)
Jaunne-Louis Grobler (West Coast Sharks)
Henning Snyman III (• Maties)
JR Jacobs (Walvisbaai rugbyklub)
Lloyd Jacobs (• Walvisbaai rugbyklub)
JP Jenneker (• United)
Nandivatu Karuuombe (United)
Henry Kandjou (• United)
Max Katjijeko (• Unam)
Unomasa Kavita (• Unam)
Helarius Kisting (Unam)
Angelo Kotze (• Reho Falcon)
Maurice Kotzee (West Coast Sharks)
Cliven Loubser (• College Rovers, Durban)
Mbimbo Mbai (United)
Johannes Namene (Western Suburbs)
Naudé Neethling (United)
Justin Nel (Western Suburbs)
Ngumee Nguaiko (Kudus)
Georg Niehaus (• Pukke)
Carlton Stevens (Kudus)
Léan Stoop (Wanderers)
Ricardo Swartz (Western Suburbs)
Shareave Titus (Unam)
Wihan von Wielligh (• Pukke)
ONDER 20-RUGBY
Die nasionale junior span se afrigter Roger Thompson kon Saterdag ook 'n goeie kykie kry op enige nuwe talent benewens die ou bekendes wat tydens proefwedstryde vir dié groep na vore getree het.
Namibië verdedig in April sy kontinentale onder 20-titel, voordat die veel groter aanslag in Augustus voorlê. Dit is wanneer die Wêreldrugby Junior Trofee-toernooi in Uruguay beslis word.
Thompson se manne het verlede jaar vierde by dié bulstryd van ontluikende rugbylande van elke vasteland klaargemaak en het ook reeds hul kwalifikasie vir 2017 verseker.
Soos gewoonlik is Thompson se uitdaging om 'n spelersgroep saam te snoer wat dikwels in hul eerste jaar as skoolverlaters studie- en rugbygeleenthede binne én buite die landsgrense aangryp.
Sy oefengroep na afloop van die proewe behoort vandeesweek deur die NRU goedgekeur en aangekondig te word.
“Daar was goeie talent wat opgedaag het. Ons sal aanhoudend moet werk om ons basiese vaardighede op te skerp, sodat ons teen beter opposisie ons planne teen 'n hoë tempo kan uitvoer.
“Krag en fiksheid is nog nie waar dit moet wees nie, maar vir die volgende tien tot 12 weke sal ons hard moet werk voor die Afrika-toernooi,” sê Thompson.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie