OBK verkoop nie meer Vodacom-aandele aan swart beleggers
’n Beplande verkoop van aandele in Vodacom aan swart beleggers deur die Openbare Beleggingkorporasie (OBK) is laat vaar, volgens twee mense met kennis van die saak.
Die voorgestelde verkoping aan die swart konsortium, insluitende Romeo Kumalo, ’n voormalige direkteur van Vodacom, sou Vodacom se swart aandeelhouding vermeerder het.
Vodacom gaan egter steeds voort om potensiële swart aandeelhouers te kry, het een van die bronne gesê.
’n Groter belang wat deur swart aandeelhouers besit word, sal Vodacom se kanse om ’n lisensie vir hoëspoed-internetspektrum te bekom, verbeter.
Die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Okosa) het in Julie met die proses begin om radiofrekwensiespektrum vir vinnige breëbandinternettoegang te verkoop.
Die veiling is vir Januarie beplan, hoewel Siyabonga Cwele, minister van telekommunikasie, die reguleerder wil hof toe sleep oor die proses.
Maatskappye moet 30% in swart besit wees om ’n bod te kan doen, volgens Okosa se reëls.
Tans is 18,7% van Vodacom se aandele in swart besit, vergeleke met 38,75% van MTN s’n.
“Ons oorweeg die inhoud van die ITA (invitation to apply), insluitend die verskeie vereistes in sy geheel en is dan van plan om die nodige stappe te doen om te voldoen aan die reguleerder se vereiste,” het Byron Kennedy, woordvoerder van Vodacom, gesê.
Hy wou nie kommentaar lewer oor die OBK nie.
Die regering het verlede jaar sy 14%-belang in Vodacom aan die OBK verkoop om geld in te samel vir Eskom.
Die OBK is in gesprekke met verskeie beleggers wat ’n belang wil koop, het Dan Matjila, uitvoerende hoof van die OBK, in April gesê.
-Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie