OBK belu00ea R5,2 mjd. in Karan Beef
OBK belu00ea R5,2 mjd. in Karan Beef

OBK belê R5,2 mjd. in Karan Beef

Elvira Wood – Karan Beef, die grootste voerkraal in Afrika, is nie meer in die hande van sy stigter, Ivor Karan, nie.

Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) het Dinsdag in ’n verklaring gesê hy het saam met Pelo Agricultural Ventures ’n meerderheidsbelang vir R5,2 miljard bekom.

Hy sê nie presies wat die belang is nie.

Daar was reeds in Junie gerugte dat Karan Beef se bestuur die maatskappy met finansiering van die OBK wou uitkoop.

Anso Bracken, bemarkingsbestuurder van Karan Beef, het toe gesê dit is “blote bespiegelinge”.

Karan Beef is in 1974 naby Heidelberg gestig.

Vandag het Karan Beef ’n kudde van meer as 150 000 beeste. Die onderneming se bedrywighede sluit onder meer ’n abattoir op die nabygeleë Balfour, asook ’n verspreidingsentrum, in.

Die OBK sê in die verklaring Pelo is ’n maatskappy in swart beheer.

Sy uitvoerende hoof is Aobakwe Kukama.

“Hierdie is ’n nuwe mylpaal vir landbou in Suid-Afrika. Ons moet dit vier dat die maatskappy in plaaslike beheer bly.

“Ons sien daarna uit om ons nuwe vennote onder ons vlerk te neem en die kennis en ervaring wat ons het met hulle te deel,” sê Karan. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-06-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer