Obama su00e1l gedenklesing vir Mandela kom lewer
Obama su00e1l gedenklesing vir Mandela kom lewer

Obama sál gedenklesing vir Mandela kom lewer

Jana Marx en Christina Pit - Barack Obama, voormalige president van Amerika, sal op 17 Julie steeds die 16de Nelson Mandela-gedenklesing lewer.

Die Nelson Mandela-stigting organiseer dié jaarlikse geleentheid wat vanjaar saamval met die vieringe van wat Mandela se 100ste verjaardag sou wees.

Berigte dat bepaalde aktivistegroepe en mense in die land gekant is teen Obama se optrede by dié geleentheid sal nie dié lesing van die Amerikaanse staatsman in die wiele ry nie.

Lunga Nene, woordvoerder van die Nelson Mandela-stigting, het bevestig dat hulle al gereageer het op ’n aantal briewe van teenkanting, maar het bygevoeg dat daar geen sprake is dat Obama nie meer sy toespraak sal kom lewer nie.

Die lesing word by die Wanderers-stadion in Illovo, Johannesburg, aangebied met die samewerking van die Motsepe-stigting.

Die geleentheid vind plaas ’n dag voor Nelson Mandela-dag wat op 18 Julie gevier word. Sowat 4 000 mense word daar verwag.

“Mandela het vir die grootste deel van sy lewe vir demokrasie en gelykheid geveg. Sy presidentskap is geken deur sy toewyding om die brose demokrasie van Suid-Afrika stabiel te maak,” lui ’n gedeelte uit die stigting se verklaring.

Dié jaarlikse lesing is ’n platform vir debatte oor ernstige maatskaplike kwessies in Suid-Afrika en die wêreld.

Vorige sprekers sluit in oudpres. Bill Clinton van Amerika, oudpres. Thabo Mbeki, Ellen Johnson Sirleaf, oudpresident van Liberië, Mary Robinson, oudpresident van Ierland, en Michelle Bachelet, oudpresident van Chili.

News24 het berig Feroze Boda, woordvoerder van CAGE Africa, ’n organisasie wat teen die onreg van oorlog veg, glo Obama se beginsels is strydig met dié van Mandela.

“Daar is bewyse dat Obama en sy ondersteuners ’n nuwe soort kolonialisme geskep het in die naam van die “oorlog teen terreur”. Dit het vrees by veral Moslemgemeenskappe inboesem,” het Boda gesê.

“Die Amerikaanse buitelandse beleid het verdeeldheid en lyding agtergelaat en het gelei tot ’n toename in gewelddadige groepe.”

Naazim Adam, woordvoerder van die Palestine Solidarity Alliance, sê die besluit om Obama te nooi, is teleurstellend.

Hy verwys na die “duisende” mense wat onder Obama se presidentskap hul lewe verloor het in Somalië, Pakistan, Afghanistan en Sirië .

“Waarom laat die Nelson Mandela-stigting toe dat Obama geassosieer word met die nalatenskap van Mandela se jare van aktivisme, tronkstraf en die struggle teen apartheid,” het Adam gevra.

Prof. Njabulo Ndebele, voorsitter van die Nelson Mandela-stigting, sê Mandela het groot respek vir Obama gehad.

“In ’n tyd dat spanning tussen mense vererger en uitsluiting en onverdraagsaamheid oor die wêreld heen toeneem, moet daar ruimte wees vir die boodskap van Obama, net soos dié van Madiba ’n plek het.”

Hy het benadruk dat die stigting se fokuspunte, wat insluit armoede, ongelykheid en rassisme, sake is wat Obama ná aan die hart lê. –Netwerk24/News24

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.78 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.21 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.9 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.2 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.46/OZ DOWN -0.0031 | Copper US$ 4.88/lb DOWN -0.0029 | Zinc US$ 2 979.80/T DOWN -0.12% | Brent Crude Oil US$ 83.27/BBP UP +0.00% | Platinum US$ 1 066.76/OZ DOWN -0.0029 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.78 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.21 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.9 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.2 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.46/OZ DOWN -0.0031 | Copper US$ 4.88/lb DOWN -0.0029 | Zinc US$ 2 979.80/T DOWN -0.12% | Brent Crude Oil US$ 83.27/BBP UP +0.00% | Platinum US$ 1 066.76/OZ DOWN -0.0029