‘Obama, los ons Britte uit’
Pres. Barack Obama van Amerika is sterk gekant teen Brittanje se moontlike vertrek uit die Europese Unie (“Brexit”, soos dit in die Britse media genoem word).
Hy het dít duidelik gemaak in ’n meningsartikel in die Daily Telegraph.
Britte kan op 23 Junie in ’n referendum daaroor besluit.
Obama het geskryf dat Brittanje se rol in die Europese Unie (EU) sy wêreldwye invloed vergroot en sy EU-lidmaatskap is van groot belang vir die VSA.
“Ek besef daar is baie bespiegeling en omstredenheid oor die tydsberekening van my besoek (aan Brittanje),” het Obama geskryf.
Hy het gesê hy wou koningin Elizabeth se 90ste verjaardag bywoon.
Hy en sy vrou, Michelle, het verlede week saam met die koningin en prins Philip by die Windsor-kasteel middagete geëet.
Obama se meningstuk het sterk reaksie gekry van onder andere Boris Johnson, burgemeester van Londen, wat ten gunste van Brexit is.
Johnson het gesê Obama moet sy neus uit ander se sake hou.
“Dat Amerika vir ons in Brittanje sê ons moet beheer van soveel van ons demokrasie oorgee, is ’n asemrowende voorbeeld van ‘maak soos ek sê, nie soos ek maak nie’,” het Johnson in ’n artikel in The Sun gesê.
Hoewel kenners reken baie Britte het nog nie ’n besluit oor die EU geneem nie, word gereken dat die “bly”-kamp sowat 54% van die stemme sal kry.
Dit is die gemiddelde van die afgelope ses meningspeilings deur akademici van die What UK Thinks-projek.
“Die EU het gehelp om Britse waardes en praktyke, demokrasie, die reg en oop markte oor die vasteland te versprei,” het Obama geskryf.
“Die EU modereer nie Britse invloed nie; dit vergroot dit.
“ ’n Sterk Europa is nie ’n bedreiging vir Brittanje se wêreldwye leierskap nie; dit versterk dit,” het Obama gesê.
Brittanje se stem in die EU hou die liggaam “nou verbind” aan Amerika.
Meer as 100 Britse euroskeptiese wetgewers het ’n ope brief aan Obama onderteken om hom te versoek om nie betrokke te raak by die debat nie.
Nigel Farage, leier van die United Kingdom Independence Party (Ukip) wat teen die EU gekant is, het gesê Obama se inmenging is ongevraag.
“Dit is ’n onwelkome inmenging van die mees anti-Britse Amerikaanse president nóg,” het Farrage gesê.
“Genadiglik is hy nie veel langer die president nie.”
David Cameron, premier, wat aan die spits is van die veldtog om in die EU te bly en veg om sy politieke oorlewing, probeer nog heeltyd beklemtoon dat die noue bande met Amerika nie sal verdwyn nie.
Hy het gesê in sy komende gesprekke met Obama sal gefokus word op die stryd teen die terreurgroep Islamitiese Staat.
“Brittanje se verhouding met die VSA is gegrond op gedeelde waardes en oortuigings,” het Cameron in ’n verklaring gesê.
Obama het ook met sy besoek saam met prins William en sy vrou, Catherine, en prins Harry geëet.
Hy het gister van Brittanje na Duitsland vir ’n vergadering met dr. Angela Merkel, Duitsland se bondskanselier, gereis.
– Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie