OB-verslag oor staatskaping politieke instrument – Zuma
Pres. Jacob Zuma meen die openbare beskermer se verslag oor staatskaping is ’n politieke instrument wat bedoel is om af te reken met sekere individue.
Zuma het Maandagaand in ’n eksklusiewe onderhoud met ANN7 sy mond oor die verslag deur adv. Thuli Madonsela, voormalige OB, uitgespoel.
In die verslag beveel Madonsela aan dat Zuma ’n kommissie van ondersoek na staatskaping aanstel en dat hoofregter Mogoeng Mogoeng die regter aanwys om die kommissie te lei en nie Zuma nie omdat Zuma self in die verslag genoem word.
Madonsela het aantygings oor ’n onvanpaste verhouding tussen die president en die invloedryke Gupta-familie ondersoek.
Zuma het aangevoer dat net hý die gesag het om die regter aan te stel.
Zuma het gesê staatskaping is politieke propaganda, want net ’n handvol mense word betrek.
Hy het gesê nie een van die drie regeringsvleuels – die uitvoerende, geregtelike of wetgewende gesag – is gekaap nie.
“Wanneer ek die kommissie van ondersoek aanstel, is die een ding wat hulle moet verduidelik: ‘Wat is staatskaping?’ Niemand het gesê?.?.?. die hele parlement is gekaap nie,” het Zuma gesê.
Die kommissie sal moet vasstel of staatskaping “ ’n vals politieke veldtog is wat ’n spesifieke familie en ’n paar individue wil swartsmeer”.
“Ek dink daar was ’n politieke rede agter die (OB se) verslag.”
In dieselfde asem sê Zuma hy wil nie aanneem dat Madonsela ’n politieke rol gespeel het nie.
“Die regterlike kommissie sal alles verduidelik. Ek wil nie aantygings maak nie. Ons moet oor al daardie soort vrae dink. As die kommissie die ondersoeke doen, is ek seker hulle sal kan sê waarom die ondersoek juis so moes verloop.”
Zuma sê hoewel hy meen Madonsela het haar werk gedoen, stem hy nie saam met die manier waarop sy dit gedoen het nie.
Die kommissie sal ’n breë spektrum en alle moontlike korrupsie moet ondersoek. Diegene wat hulle skuldig maak aan korrupsie moet uitgewerk word, sê hy.
Zuma sê daar was mense wat hom met ’n “sterk gif” probeer vergiftig het.
Sonder om veel uit te wei het hy verwys na “plaaslike, kontinentale en globale kragte” wat probeer verseker Suid-Afrika se probleme word nie opgelos nie en dat die land in ’n sekere rigting beweeg. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie