‘OB se voorstel sal ekonomie skaad’
Die voorstel om die mandaat van die Suid-Afrikaanse Reserwebank te verander dreig om “Pandora se kis oop te maak vir nuwe risiko’s vir die Suid-Afrikaanse ekonomie”, sê prof. Raymond Parsons, ekonoom verbonde aan die Noordwes-Universiteit se sakeskool.
Dit kom nadat adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), Maandag gesê het die Grondwet moet gewysig word om seker te maak die Reserwebank bevorder gebalanseerde en volhoubare ekonomiese groei. Die bank moet terselfdertyd seker maak die sosio-ekonomiese belange van die land se burgers word beskerm.
“Hoewel dit onwaarskynlik is dat enige verandering dadelik sal gebeur, is die feit dat hierdie saak nou geopper word negatief vir Suid-Afrika op ’n tydstip waar die land ekonomies kwesbaar is,” sê Parsons.
“Dit lei tot ’n onnodige bykomende element van onsekerheid in die ekonomiese debat op ’n tydstip waar Suid-Afrika dit die minste kan bekostig, en wanneer vlakke van vertroue eerder ’n hupstoot moet kry.”
Volgens Parsons is die Reserwebank ’n hoogs gerespekteerde instelling plaaslik en in die buiteland en word dit beskou as ’n belangrike “plaaslike bastion van institusionele krag gedurende moeilike ekonomiese tye”.
Die rand het Maandag met meer as 1,7% verswak na bo R13 teenoor die dollar ná Mkhwebane se opmerkings.
Parsons sê dit is “onverklaarbaar” hoekom die OB haar “onverwags waag in die hoogs komplekse gebied van monetêre beleid, sowel as die aanbieding van ’n spesifieke voorstel oor hoe die Grondwet verander moet word rakende die Reserwebank se mandaat”.
“Ware ekonomiese transformasie in Suid-Afrika moet gedryf word deur ander sosio-ekonomiese beleidsmaatreëls, nie deur monetêre beleid nie.
“Soos die kantoor van die OB self, moet die onafhanklike rol van die Reserwebank gerespekteer word,” sê Parsons.
“Ons moet hoop dat die Reserwebank sy bestaande mandaat en onafhanklikheid sal beskerm deur die gepaste kanale.”
Die Reserwebank het in ’n verklaring gesê hy bestudeer die OB se verslag en sal daarna sy antwoord oor die bevindings en remediërende stappe wat daarin uiteengesit is bekend maak. Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie