O.21-knieë buig teen Portugal
Nóg 'n belowende toernooi vir Namibië het stoom verloor en met 'n vertoning sonder oemf geëindig.
Andrew Poolman - Die bronsmedalje het Namibië vir die derde jaar op 'n streep by die Wêreldrugby Onder 20 Trofee-toernooi ontwyk.
Portugal se onder 20-span het Namibië gister in Boekarest oortuigend met 67-36 in die bronsfinaal verslaan, met die laat terugvegpoging gans te min nadat die Europeërs teen rustyd reeds op 36-7 hul opponent moedeloos gespeel het.
Die Namibiërs kon in die eerste helfte geen momentum verkry nie en het feitlik die ganse 40 minute op die verdediging in hul eie helfte deurgebring. Hulle het ook meer as hul kwota strafskoppe afgestaan.
Foute op die verdediging het die Namibiërs duur te staan gekom en tydens hul vierde wedstryd in twee weke het slordige duikwerk toenemend begin insluip.
Nietemin verdien Portugal krediet vir sy opwindende patroon om hardlopers op reguit aanvalslyne te gebruik. Die groen span se agterspelers het ook goeie visie en onvoorspelbare afwisseling getoon om met langer en korter aangeë die spasie vir man aan hul buitekant te skep en die verdediging op die agtervoet te hou.
Die flank Gerbus van Wyk het hard probeer, maar teen die tyd dat Peter Diergaardt, hul beste speler teen Samoa, in die 50ste minuut van die bank af opgestuur is, was daar nie meer veel salf te smeer nie.
Twintig minute ná die afskop was die Namibiërs reeds met drie onverdoelde drieë (15-0) agter, voordat die slot Wynand Breytenbach as eerste ontvanger tussen twee onsekere duikvatters deur gebars het vir 'n lopie van twintig meter vir sy drie.
Denzo Bruwer het oorgeskop, maar Portugal het nog drie keer daarna drieë gedruk (en ook beter pale toe begin skop) om hul voorsprong met rustyd 36-7 te maak.
Enige ongedwonge foute met afskoppe, of strafskoppe wat tot in die doelgebied geskop word, het so reg in die Portugese hande gespeel. Hul snellers agterlangs het gewys dat hulle nie vir die Namibiërs terugstaan sover dit flair betref nie en hul selfvertroue het toenemend gegroei.
Toe Namibië in die 55ste minuut op 48-7 besluit om 'n strafdoel pale toe te skop, was dit basies 'n erkenning dat hulle die stryd maar gewonne kan gee. Delron Brandt het darem oorgeskop en dit het 'n soort terugvegpoging ingelui.
Gerhard Opperman, opgestuur as vaskopstut, het ná 'n paar fases onder die pale oorgedryf en kort daarna het Portugal onder druk nie uitgeskop nie vir nog 'n reserwe, die veelsydige agterspeler Hanreco van Zyl, om aan die hardloop te raak en sy regtervleuel Rudie Pretorius met 'n skêraangee pale toe te jaag.
'n Geel kaart in die 70ste minuut vir die agtsteman en kaptein Oderich Mouton het Namibië 'n speler kort laat eindig. Dit was nadat die span reeds 'n waarskuwing gekry het dat dit die volgende hoogvatter se lot sou wees.
'n Klapbal uit 'n lynstaan op Namibië se eie doellyn het vir Portugal se elfde en laaste drie gesorg (67-24).
Die Europeërs het steeds gevaarlik aangeval, maar 'n ambisieuse aangee uit 'n duikvat het los gespat en Peter Diergaardt het weggebreek om die naelloper Rudie Pretorius vir sy tweede drie weg te stuur.
Van die laaste afskop af het Namibië weer deurgebreek toe senter Gerswin Mouton op vaart sy eie lugskoppie gevang en na Chad Plato uitgegee het, voordat Delron Brandt op losskakel 'n dwarsskop gegee het vir Peter Diergaardt om teen die regterkantlyn af los deur te hardloop.
Namibiese doelskoppe het van Denzo Bruwer, Brandt (3) en Pretorius gekom.
Vir die derde jaar op 'n streep moet Namibië met die vierde posisie in die toernooi tevrede wees. Oorwinnings teen Roemenië en Hongkong het hom op koers vir 'n goeie eindposisie geplaas, maar Samoa het die stryd om 'n plek in die finaal beklink, voordat Portugal gister ook die uitspeel vir die derde plek gewen het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie