O.20's vervang beseerde kaptein
O.20's vervang beseerde kaptein

O.20's vervang beseerde kaptein

Edmar Kamatuka is aangewys om die span vanaand in Steven Damaseb se plek te lei.
Namibië se Jong Warriors sal geen steen onaangeroer laat in hul debuutverskyning vanaand by die Konfederasie van Afrika-sokker (CAF) se 2021 Afrika Nasiebeker onder 20-toernooi in Mauritanië nie.

Die Namibiese span teen Sentraal-Afrikaanse Republiek word deur Edmar Kamatuka as kaptein op die veld gelei, wat sal instaan vir die gereelde spanleier Steven Damaseb wat hul eerste wedstryd met 'n besering sal misloop.

Sedert die span se aankoms in Mauritanië verlede week, 'n paar oefensessies en 'n vriendskaplike gelykopwedstryd Donderdagaand teen die gasheerland se senior nasionale span (1-1) het Kamatuka op 'n nuuskonferensie gesê die span is so gereed as wat hulle kan wees vir die openingswedstryd.

“Uiteraard word ons as buiteperde in hierdie groep gesien, hoewel twee ander lande ook hul debuut in die toernooi maak. Enige span wat ons onderskat, waag 'n groot kans. Ons is gereed; ons het goed voorberei en ons wil uitgaan en vir onsself naam maak,” het Kamatuka gesê.

“Sielkundig is ons op 'n goeie plek. Ons besef wat op die spel is; ons weet hoe hard ons by die Cosafa-toernooi geveg het om hier te kom en ons sal niks as vanselfsprekend aanvaar nie.

“Ons word teen groter lande opgeweeg, maar dit beteken nie ons sal hulle op die veld respek gee nie. Dis 'n sport van elf-teen-elf en ons het ons eie doelwitte vir die toernooi gestel.”

Kamatuka sê hulle wil reeds op die eerste wedstryddag van hulle laat kennis neem.

“Ons weet wat vereis word om deel van 'n nasionale spanopset te wees, veral in 'n land met soveel potensiaal en talent. Ons dink nie dit is vanselfsprekend nie; ons sal ons beste gee om ons kleim in hierdie groep af te steek.”

Die beseerde Damaseb bevind hom op die behandelingstafel saam met die verdediger Tuli-Baggio Nashi­xua en middelveldspeler Pitsi Ameb vergesel, maar die afrigter James Britz het nietemin vertroue dat sy mediese span die situasie betyds vir hul tweede wedstryd kan hanteer.

Die Namibiërs open hul veldtog vanaand teen die Sentraal-Afrikaanse Republiek (plaaslike afskoptyd agtuur, 22:00 Namibiese tyd).

Donderdagaand wag wedstryd twee teen Tunisië (19:00 Namibiese tyd), voordat hul laaste wedstryd in groep B op Sondagaand 21 Februarie voorlê. – NFA.org.na

Kommentaar

Republikein 2025-11-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer