O.20's verloor finaal, maar deur na Afcon
Namibië het sy plek vir volgende jaar se o.20-Afcontoernooi in Mauritanië bespreek en kan met bietjie geluk selfs na die 2021 Fifa-Wêreldbeker vorder.
Tielman van Lill
Namibië se Jong Warriors-sokkerspan sal uiters trots huiswaarts keer gister hoewel hulle gister in Port Elizabeth nie vir Mosambiek in die finaal van die 2020 Cosafa-bekertoernooi kon klop nie.
Beide finaliste het met Vrydag se seges in die halfeindstryd die groot prys beklink om kwalifisering vir volgende jaar se o.20 Afrika Nasiebekerreeks te verseker – vir 'n historiese eerste keer in Namibië se geval.
Met die patetiese vlak van administratiewe onenigheid wat Namibiese sokker op alle vlakke lamlê, bly dit verstommend dat die jong spelers onder afrigterskap van James Britz alle verwagtinge oortref het.
Kaptein Steven Damaseb se puik treffer met 'n vryskop was in Vrydag se semifinaal die doodskoot wat Angola met 1-0 help uitskakel en die kwalifisering beklink het.
Die laaste keer wat Namibië in die Cosafastreek se o.20-finaal gespeel het, was in 2010.
In wat as 'n gebrek aan kommunikasie beskou kan word, het Mosambiek gister sy eerste en enigste doel in die 31ste minuut aangeteken om rustyd met 1-0 voor te loop.
Mosambiek was hierna vir die res van die wedstryd op verdediging ingestel. Hoewel die Namibiërs in die laaste minute verbete aangeval het, was die geluksgodin nie aan hul kant nie. Met vyf hoekskoppe kon die Jong Warriors nie hul opponente se verdediging deurdring nie.
Hoewel Namibië omtrent agt skote na hul teenstanders se doelkas gemik het, was net vier hiervan op koers, met Mosambiek se doelwagter wat telkens sy span gered het. In die 82ste minuut was sake so byna gelykop toe Mosambiek se kaptein byna 'n doel vir Namibië aangeteken het.
Veral in die laaste tien minute het Namibië verbete aangeval, maar die Mosambiekse verdediging het gehou en selfs die ekstra vier minute wat gespeel is, kon nie 'n gelykmaker lewer nie.
Afrigter James Britz het agterna gesê: “Ek is geweldig trots op die spelers wat met individuele briljantheid hul hand opgesteek het sodat ons in die eindstryd kon speel. Ding wou vandag nie vir ons reg verloop nie, maar dit is hoe dit gaan. Voor ons vertrek uit Windhoek was daar baie kommentaar oor die spankeuse, maar die spelers het gewys wat gedoen kan word as 'n groep saamstaan.”
Dié toernooi is weliswaar in leë stadions gespeel, maar dit het nie die geesdriftige spelers gekeer om 48 doele in 19 wedstryde aan te teken nie.
Die Namibiërs het oor hul eerste hekkie gestruikel toe hulle met 1-0 teen die elfmalige kampioen Zambië in groep B verloor het. Teen Malawi (2-1) en die Comore-eilande (1-0) het Britz se troepe egter gewys wat in hulle steek om laas Vrydag in die semifinaal teen Angola met 1-0 te wen.
Nadat die ander halfeindstryd met speeltyd verstreke op 0-0 geëindig het, het Mosambiek vir Zambië op sy beurt met 5-4 in 'n strafskopstryd getroef.
Die gasheerspan, Suid-Afrika, het verlede jaar in die eindstryd teen Zambië die knie met 3-0 gebuig. Vanjaar was die Suid-Afrikaners opnuut met hul rondomtalierondes in groep A gefnuik toe Zimbabwe (2-2) en Mosambiek (0-0) hulle pootjie. Hul enigste sege kom met 7-0 teen 'n hulpelose Lesotho wat nie raad vir hul buurman se finesse gehad het nie.
Nie een van Mosambiek of Namibië het tevore die gesogte Cosafa-beker ingepak nie. In die stryd om die bronsmedalje het Angola vir Zambië gister met 2-1 die kous oor die kop huis toe gestuur.
Voor gister het Mosambiek 12 jaar laas in die o.20-finaal gespeel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie