O.20-onttrekking 'n gevoelige verlies
Vir die tweede opeenvolgende jaar word die pyplyn van Namibië se ontluikende talent deur die wêreldwye pandemie in die wiele gery.
Andrew Poolman – Die president van die Namibië Rugby-unie, mnr. Corrie Mensah, het sy oproep aan die rugbygemeenskap herhaal om hulle so gou as moontlik teen Covid-19 te laat inent.
“Ek benadruk my oproep van 3 Mei aan alle administrateurs, spelers en toeskouers om hulself so go as moontlik teen Covid-19 te laat inent.
Ons as die rugbygemeenskap behoort meer te doen as om bloot te hoop dat niemand die virus opdoen nie. Deur die inenting te laat doen, beskerm jy nie net jouself nie, maar ook jou familie, spanmaats, beamptes en medetoeskouers,” het hy gesê.
Mensah moes Vrydag opnuut 'n mediaverklaring met slegte nuus vir die nasionale onder 20-span uitreik.
Om mee te begin, is hul bestemde reis na die Rugby Afrika Barthes-toernooi in Nairobi, Kenia, afgestel.
Die derde golf van Covid-19 in Namibië is die hoofrede vir die onttrekking.
Afrigter Jood Opperman en sy jong span het reeds hul proewe, 'n weeklange oefenkamp en die aankondiging van die toerspan afgehandel, wie se taak dit sou wees om van 24 Junie tot 3 Julie verby Kenia, Senegal en Madagaskar te vorder en sodoende die enkele kontinentale plek na die jaarlikse Wêreldrugby O.20 Trofee-toernooi terug te wen.
Namibië het in 2019 hierdie voorreg aan Kenia afgestaan en was dus die laaste keer in 2018 by die wêreldtoernooi in Roemenië betrokke. Van die jong span van 2018 het die kaptein en losvoorspeler Oderich Mouton (nou 'n vleuel), slot Adriaan Ludick, stut André Rademeyer en heelagter Chad Plato sedertdien reeds volwaardige toetsrugby gespeel. Laasgenoemde twee het die volgende jaar se senior Wêreldbekerspan na Japan gehaal en Mouton is waarskynlik ook net deur 'n ontydige besering weerhou.
Ander van die 2018-produkte wat steeds sterk vordering maak, sluit in die stut Patrick Schickerling (gekontrakteer by Exeter Chiefs), vleuel Gerswin Mouton (Varsitybeker-speler vir Wits Universiteit) en losskakel Denzo Bruwer, wat ná 'n paar seisoene by die Blou Bulle terug in Windhoek is.
Die verlies aan 2020 en 2021 se topvlak blootstelling vir die onder 20-span verwyder dus 'n deurslaggewende geleentheid vir hierdie twee jare se spelers, van wie sommiges gewis die kans kon aangegryp het om soos talle van hul voorgangers die afgelope jare te bewys dat hulle gereed vir die senior spel is.
Mensah sê hy was onlangs in twee vergaderings met die minister van sport, jeug en nasionale diens, me. Agnes Tjongarero, ten einde die minister in te lig oor die gevolge van die regering se moratorium op kontaksporte vir die hele Juniemaand.
Hy sê die uitkoms van die vergaderings met minister Tjongarero was dat geen uitsonderings gemaak kan word nie, dat alle kontaksport in gelyke mate getref word en dat die status quo van die regering se regulasies tot einde Junie in plek bly.
“Hoewel die Namibiese regering groot begrip en empatie vir die NRU se dilemma het, is die regering se grootste oorweging om die gesondheid van elke landsburger te beskerm – wat sportmense asook die algemene publiek insluit.
“Die NRU moes met spyt vir Rugby Afrika inlig dat ons onder die huidige omstandighede ongelukkig ons span aan die Barthes-toernooi moet onttrek. Die rede is omdat ons span nie behoorlik sal kan oefen of voorberei nie.”
Afrigter Jood Opperman wou gister nie juis kommentaar oor die verwikkeling lewer nie, omdat hy geensins insette in die besluit gehad het nie. “Dit is hartseer dat die toernooi sonder ons voortgaan,” het hy gesê.
SENIOR RUGBY
Mensah het bygevoeg dat die NRU 'n versoek aan Rugby Afrika gerig het om laasgenoemde se senior Gouebeker groep A-toernooi wat veronderstel was om op 1 Julie in Windhoek aangebied te word, tot in November uit te stel.
Namibië, Madagaskar en Ivoorkus was die drie lande wat veronderstel was om hul terugkeer tot toetsrugby post-Covid te maak.
“Rugby Afrika se hoofbestuurder, Coralie van den Berg, het ons in 'n brief versoek om 'n waarborg te verskaf dat indien die toernooi wel op 1 Julie in Windhoek sou begin, die moratorium op kontaksport opgehef sal wees.
“Nie die NRU óf die regering is egter in 'n posisie om so 'n waarborg te kan verskaf nie.
“Die NRU het gevolglik die uitvoerende bestuur van Rugby Afrika versoek om die senior toernooi tot die reserwetydperk van November 2021 uit te stel, met Namibië wat steeds die gasheer bly. So 'n besluit sou konsekwent wees met die besluit om die Barthes o.20-toernooi tot sy reserwetydperk uit te stel en vir Kenia as aanbieder te behou, toe laasgenoemde hom in soortgelyke omstandighede bevind het,” het Mensah bygevoeg.
“Dit is verstaanbaar dat hierdie nuus 'n groot teleurstelling vir almal betrokke by rugby is – veral ons spelers.
“Ek moedig al ons spelers aan om gedurende hierdie tyd vol te hou met hul krag- en kondisioneringsoefening en om toe te sien dat hul fiksheidsvlak op die standaard bly wat vereis word om Namibië op die internasionale verhoog te verteenwoordig,” het Mensah gesê.
Hy het ten slotte gesê die NRU sal sy klubs oor die gewysigde wedstrydprogram vir die premierliga, reserweliga en eerste liga inlig sodra die moratorium op kontaksport opgehef word.
– [email protected]
FOTO’s
Die woelige haker van Tsumeb, Frikkie Engelbrecht, breek weg tydens die o.20-proewe in Februarie. Foto Andrew Poolman
Die senter Niel Holtzhausen en skrumskakel Brian Bayer vier fees oor ’n drie deur eersgenoemde tydens die finale proefwedstryd in Februarie. Foto Andrew Poolman

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie