O.19-spanne takel mekaar
Skolerugby
Andrew Poolman - Tsumeb Gimnasium se eerste rugbyspan, geborg deur Rubincon, is onoorwonne ná sy eerste drie wedstryde en het hom dus geoormerk as 'n span om dop te hou in die Momentum onder 19 premierliga.
Die noordespan het sy Woendagmiddag-wedstryd verlede week teen Namib Diesel Walvisbaai met 15-8 op die kusdorp gewen, nadat hy rustyd met 10-5 voor was.
Die wenspan het drie drieë gedruk, naamlik deur haker Frikkie Engelbrecht, stut Berndt Beddies en vleuel Zander du Plessis.
“Walvisbaai het van die begin af hard ingeklim en het die eerste drie gedruk. Ons het darem met fases begin momentum opbou om voor te loop en kon in die tweede helfte die wind van agter in ons guns hê. Maar soos altyd was dit 'n baie harde wedstryd,” sê Tsumeb se afrigter, Wouter Niehaus.
Sy manne reis môre na Walvisbaai, waar hulle om 10:00 teen die nuwelingspan De Duine opdraf.
De Duine het verlede week in sy derde wedstryd 'n beter vertoning gelewer ná twee pakke slae, maar het steeds met 22-8 teen Pupkewitz Haval Elnatan verloor.
• Die Swakopmunders Pro-Ed Akademie, wat met oorwinnings teen Elnatan en Moria afgeskop het, kom toets hulself môre teen die gedugte Windhoek Gimnasium.
Die Gimmies se enigste ligawedstryd sover was 'n wegholsege met 86-0 teen De Duine.
Môre se program:
Op Walvisbaai: De Duine teen Rubicon Tsumeb Gymnasium (10:00)
Op Outjo: OK Foods Moria v Samsung WHS (13:20)
By Affiespark: KMC/JCC Windhoek Affies teen Elnatan (10:00)
By Windhoek Gimnasium: Schoemans-groep Windhoek Gimnasium teen PSG Pro-Ed (14:40).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie