O.19-span storm deur na finaal
Die Namibiese o.19-rugbyspan het gisteraand op indrukwekkende wyse deurgedring om Saterdag in die finaal van die Afrika-toernooi in dié ouderdomsgroep te speel. Die losskakel en kaptein Cliven Loubser was aan die voorpunt van ’n oorwinning met 64-0 teen Tunisië nadat die wenspan rustyd reeds met 38-0 voor was. Die uitslag bring hulle Saterdagmiddag in die finaal teen Zimbabwe te staan bring, wat ’n ewe vasberade Kenia met 27-26 ondergekry het. Die Afrika-kampioen sal sy plek bespreek om volgende jaar in die Wêreldrugby Junior Trofee-toernooi in die VSA mee te ding. Namibië se driedrukkers gisteraand was Cliven Loubser (4), die vleuels Nico Maartens (3) en Rudi Pretorius, agtsteman Wynand Breytenbach, senter Tristan Mouton en heelagter Chad Plato.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie