O.19-sege te min, te laat
O.19-sege te min, te laat

O.19-sege te min, te laat

Ramon Wilmot met 51 lopies en 3/11 as bouler is gister as speler van die wedstryd teen Rwanda aangewys.
Tielman van Lill
Tielman van Lill – 'n Gespanne twee dae lê straks vir die Namibiese o.19-krieketspan in Kigali, Rwanda, voor in hul voorneme om môre in hul laaste wedstryd teen Nigerië 'n oorweldigende oorwinning te behaal.

Selfs so 'n uitslag, ongeag hoe wiskundig wonderbaarlik dit mag wees, sal waarskynlik egter steeds nie genoeg wees om hulle boaan die vyf Afrika-lande te laat eindig wat om 'n enkele posisie by die o.19-Wêreldbeker volgende jaar in Wes-Indië meeding nie.

In hul enigste nederlaag laas Vrydag teen Tanzanië het die Namibiërs die inisiatief aan dié Oos-Afrika-span afgestaan – wat op sy beurt nog môre een potensieel gevaarlike laaste hekkie in die vorm van Uganda voor hom het. Die wenner van hierdie wedstryd sal na verwagting die toernooi wen en die WB-plek oorneem wat twee jaar tevore in Windhoek op ewe verrassende wyse deur Nigerië ingepalm is.

Die Namibiese o.19-Eagles het gister met 204 almal uit in 48 boulbeurte 'n oorwinning met 111 lopies teen Rwanda (93 almal uit in 38.5) behaal.

Dit was Namibië se tweede sege en plaas die span derde op die puntelys met vier toernooipunte ná Tanzanië met ses en Uganda (ook 4).

Tanzanië se netto kolftempo (1.56) is beter as dié van Namibië met 0.89. Uganda handhaaf sover 1.292 en prakties gesproke is Namibië se WB-drome dus gekelder.

Gister het die Eagles tot en met die 27ste boulbeurt goed gevaar (2/99), maar het drie paaltjies binne vyf boulbeurte (5/109) verloor om die skaal in die guns van Rwanda te swaai.

Dylan Leicher en JW Visagie het darem die telbord aan die rol gehou tot 147/6 en 160/7.

Met Dirk Theunissen se vertrek op 162/8 wou dit lyk of die junior Eagles vir minder as 200 uitgeboul kon word. Maar Louis Peters en Renier Bosman het nuwe lewe aan die kolfbeurt verskaf om 'n skaflike wenteiken teen 4.21 lopies per boulbeurt daar te stel.

Die Namibiërs se telling is deur 13 ekstras (insluitend 1 foutbal en agt wydlopers) aangevul. Die Eagles het 15 viere en drie sesse na die grenstou gejaag, terwyl Rwands met net sewe viere tevrede moes wees.

Die Eagles-kolflys het so gevaar:

1 Ryan Moffett (18 van 29 balle, 3x4, gevang deur paaltjiewagter Didier Ndikubwimana, geboul Parfait Mugisha)

2 Ramon Wilmot (51 van 76 b, 5x4, 1x6, gevang Seif Dushimirimana, geboul Emile Rukiriza)

3 JC Balt (11 van 27 b, gevang Ndikubwimana, geboul Steven Ntwari)

4 JW Visagie (37 van 59 b, uitgehardloop Eric Kubwimana)

5 Gerhard Janse van Rensburg (0 van 3 b, uitgehardloop)

6 Alexander Volschenk (3 van 13 b, geboul Ntwari)

7 Dylan Leicher (26 van 33 b, 2x4, gevang Ndikubwimana, geboul Jean Ingabire)

8 Dirkie Theunissen (6 van 10 b, geboul Mugisha)

9 Jack Parker (1 van 6 b, gevang Ndikubwimana, geboul Kubwimana )

10 Louis Peters (18 van 17 b, 1x4, 1x6, gevang Ndikubwimana, geboul Mugisha)

11 Renier Bosman (20* van 16 b, 1x4, 1x6).

Val van paaltjies: 35/1 (Moffett, 7.4 boulbeurte), 68/2 (Balt, 15.2), 100/3 (Wilmot, 26.5), 100/4 (Janse van Rensburg, 27.3), 109/5 (Volschenk, 30.5), 147/6 (Leicher, 38.6), 160/7 (Visagie, 40.3), 162/8 (Theunissen, 41.5), 164/9 (Jack Parker, 42.5), 204/10 (Peters, 47.6).

Vir Rwanda was Mugisha (3/39 in 9 boulbeurte, 1 leeg) die skerpste angel. Ntwari (2/28 in 10) was die mees ekonomiese bouler vir sy span. Rukiriza (1/34 in 10, 1 leeg), Kubwimana (1/52 in 9, 1 leeg) en Ingabire (1/1/15 in 2) het die ander paaltjies laat kantel.

In Rwanda se kolfbeurt het net twee manne dubbelsyfers gehaal, naamlik aanvangskolwer Didier Ndikubwimana (33 van 69 b, 3x4, uitgehardloop Janse van Rensburg en Volschenk) en Oscar Manishimwe op vier (15 van 45 b, 1x4, geboul Parker).

Ná 38.5 boulbeurte was die gasheerspan almal uit vir 93 lopies.

Die Eagles se meeste slagoffers is deur Wilmot (3/11 in 5.5 boulbeurte, 1 leeg) laat val. Hy was ook die speler van die wedstryd. Bosman (2/15 in 10, 4 leeg) en Balt (2/19 in 10, 2 leeg) was uiters ekonomies. Parker (1/10 in 4, 1 leeg) en Peters (1/14 in 3) het die ander bydraes gelewer.

• In gister se ander wedstryd het Uganda (207/9 in 50) die vloer gevee met Nigerië (125 almal uit) om op grond van sy beter kolftempo tweede op die punteleer bo die derde geplaaste Eagles in te skuif.

[email protected]

FOTO
Ramon Wilmot in aksie vir sy klub CCD Tigers. Foto Tielman van Lill

Kommentaar

Republikein 2024-05-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 16° | 32° Rundu: 16° | 32° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 16° | 30° Windhoek: 13° | 26° Gobabis: 14° | 26° Henties Bay: 15° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:49, High tide: 06:50, Low Tide: 01:42, High tide: 19:35 Swakopmund: 15° | 19° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:48, Low Tide: 01:40, High tide: 19:33 Walvis Bay: 15° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:47, Low Tide: 01:40, High tide: 19:32 Rehoboth: 15° | 28° Mariental: 17° | 30° Keetmanshoop: 21° | 31° Aranos: 17° | 29° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 28° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 14° | 28° Mbabane: 13° | 21° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 13° | 26° Cape Town: 17° | 24° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 14° | 21° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 27° Harare: 13° | 25° Currency: GBP to NAD 22.94 | EUR to NAD 19.76 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.3 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.02 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.3 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25155.92 Down -3.26% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 348.09/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.68/lb UP +1.63% | Zinc US$ 3 000.40/T UP 1.49% | Brent Crude Oil US$ 83.59/BBP UP +0.69% | Platinum US$ 1 004.27/OZ UP +1.12% Sport results: Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 16° | 32° Rundu: 16° | 32° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 16° | 30° Windhoek: 13° | 26° Gobabis: 14° | 26° Henties Bay: 15° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:49, High tide: 06:50, Low Tide: 01:42, High tide: 19:35 Swakopmund: 15° | 19° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:48, Low Tide: 01:40, High tide: 19:33 Walvis Bay: 15° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:47, Low Tide: 01:40, High tide: 19:32 Rehoboth: 15° | 28° Mariental: 17° | 30° Keetmanshoop: 21° | 31° Aranos: 17° | 29° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 28° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 14° | 28° Mbabane: 13° | 21° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 13° | 26° Cape Town: 17° | 24° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 14° | 21° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 27° Harare: 13° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.94 | EUR to NAD 19.76 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.3 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.02 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.3 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25155.92 Down -3.26% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 348.09/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.68/lb UP +1.63% | Zinc US$ 3 000.40/T UP 1.49% | Brent Crude Oil US$ 83.59/BBP UP +0.69% | Platinum US$ 1 004.27/OZ UP +1.12%