o.18’s wil verras

Sewesrugby
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Namibië se nasionale o.18-sewesrugbyspan is tans in Algiers waar hul veldtog môre by die Afrika-jeugspele teen Burkina Faso afskop. Namibië se deelname aan dié elite geleentheid is nie net om spelers ‘n geleentheid te bied nie, maar om vir die 2018 Olimpiese Jeugspele te kwalifiseer.

Suid-Afrika, wat reeds vir Jeugspele in Buenos Aires gekwalifiseer het, neem wel deel, maar sal nie ‘n gevaar vir die Namibiese seuns inhou nie, want slegs drie plekke is vir Afrika in Argentinië beskikbaar. Met Kenia uit die pad (reeds gekwalifiseer) hoef Namibië net met Burrkino Faso en Ivoorkus (Groep B) klaar te speel.

As daar na die teenstand gekyk word wat ander lande soos Mauritius en Algerië (Groep A), Marokko, Senegal en Benin (Groep C) asook Tunisië, Madagaskar en Demokratiese Republiek die Kongo (Groep D) kan bied, lyk dit egter na ‘n uitgemaakte saak dat die eindstryd tussen die Junior Bokkies en Namibië sal wees.

Namibië beskik oor genoeg natuurlike talent en het vroeër vanjaar met die Capricorn-sewestoernooi by Windhoek Gimnasium gewys dat daar genoeg petrol in die tenk is om internasionaal hul merk te kan maak.

Patrick Ludick (afrigter) sê hy het ‘n gebalanseerde span sonder enige beserings wat gereed is om verrassings te lewer.

“Met die ervaring van Bernhard Wessels (kaptein) en WJ Otto (onderkaptein) wat voor kan lei, asook die vlugvoetige skakelpaar en spelskeppers soos Jeandré Loubser, Lianzo Cupido en spoedvrate Donell !Gonteb en Aston Mukwilongo op die punte, kan ons groot probleme vir ons teenstanders skep. Elkeen van die spanlede bring ‘n verrassing na die tafel met individuele briljantheid en ervaring,” vertel die breier trots.

Wessels het Republikein laat weet die spelers het planne.

“Ons is baie positief en die span weet daar is ‘n gulde geleentheid om vir die Jeugspele in Buenos Aires te kwalifiseer.

“Ons manne is ook gereed om die mense aan te vat en te wys wat in ons Namibiërs se bloed is. Baie dankie aan Pupkewitz MegaBuild en Wutow Trading wat ons geborg het,” het die kaptein vertel.

Die span

1. Bernhardt Wessels, 18 j. (agtsteman en kapt.) Windhoek Afrikaanse Privaatskool, 1,87 m en 96 kg. 2. WJ Otto 17 j. (agtsteman en o/kapt.) Tsumeb Gimnasium, 1,76 m en 90 kg. 3. SJ Louw 17 j. (buitesenter) 1,75 m en 87 kg. 4. Jeandré Loubser 16 j. (heelagter) WHS, 1,67 en 65 kg. 5. Lianzo Cupido 18 j. (buitesenter) Windhoek Gimnasium, 1,72 m en 71 kg. 6. Le Roux Booysen 18 j. (buitesenter) Paarl Boys High, 1,78 m en 80 kg. 7. Donell !Gonteb 17 j.(heelagter) Pro-Ed Akademie, 1,90 m en 70 kg. 8. Romario Janga 18 j. (slot/agtsteman/flank) WHS, 1,85 m en 85 kg. 9. Erik Strauss 17 j. (agsteman/slot) WHS, 1.90 m en 78 kg. 10. Lyle Beukes 17 j. (vleuel) Windhoek Gimnasium, 1,69 m en 75 kg. 11. Donavan Resandt 18 j. (vleuel) WHS, 1,71 m en 74 kg. 12. Astom Mukwilongo 17 j. (heelagter) Wavisbaai Privaatskool, 1,70 m en 75 kg.

Die eerste wedstryd vir Namibië skop om 09:22 Algeriese tyd af.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A