NY-aanvaller bieg oor voorval
Die man wat Dinsdagaand in 'n skare mense in Manhattan, New York ingejaag het, het die polisie oor sy beplanning van die voorval ingelig.
Die Oesbekistanse immigrant wat daarvan aangekla word dat hy met 'n bakkie agt voetgangers en fietsryers op 'n voetpad by die Hudsonrivier in Manhattan afgemaai het, het aan ondersoekers gesê hy is deur video's van die terreurgroep Islamitiese Staat-groep (IS) geïnspireer om die aanval uit te voer.
Hy het dit glo 'n jaar gelede begin beplan, luidens die klagstaat wat teen hom aanhangig gemaak is, berig Reuters.
Sayfullo Saipof (29), wat in die hospitaal opgeneem is nadat hy deur die polisie in die maag geskiet is, het aan die owerhede erken dat hy op 22 Oktober 'n toetslopie met 'n huurbakkie gedoen het om te oefen om met die bakkie te draai, en dat hy “goed voel oor wat hy gedoen het”, luidens die klagstaat.
Luidens die tienbladsy-klagstaat het Saipof afgesien van sy reg op stilswye om sodoende selfbeskuldiging te vermy en het ingestem om met ondersoekers te praat sonder dat 'n regsverteenwoordiger by is.
Dit is alles gedoen waar hy in sy hospitaalbed in die Bellevue Hospital Center in Manhattan lê.
Saipof het ook gesê hy het Halloween gekies om die aanval uit te voer omdat hy gedink het meer mense sou in die strate wees en dat hy aanvanklik die Brooklyn Bridge wou teiken, asook 'n fietsrybaan op die westelike buitewyke van Laer Manhattan.
Saipof het glo ook versoek om die vlag van IS in sy hospitaalkamer ten toon te stel.
Ondersoekers het duisende foto's en video's oor IS op Saipof se selfoon gekry. Dit sluit in video's van IS-gevangenes wat onthoof word, met 'n tenk doodgery word en in die gesig geskiet word.
Die FBI het intussen ook bekend gemaak dat hulle nog 'n Oesbekistanse man, Mukhammadzoir Kadirof (32), opgespoor het wat gesoek word in verband met die aanval.
Saipof is aangekla op 'n klag van die voorsiening van ondersteuning en hulpbronne aan 'n buitelandse terreurorganisasie, spesifiek Islamitiese Staat, en een klag van geweld en vernietiging van motorvoertuie wat die dood van agt mense veroorsaak het.
Hy word deur lewenslange tronkstraf en moontlik ook die doodstraf in die gesig gestaar.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie