NWR: verlies van N$149 miljoen in drie jaar
Die staatsbeheerde toerisme-agentskap Namibia Wildlife Resorts (NWR) het ’n verlies van N$149 miljoen oor ’n tydperk van drie jaar aangeteken. Volgens die NWR se jaarlikse verslag vir 2017/2018 het dit ’n verlies van N$88 miljoen in 2016, N$39 miljoen in 2017 en N$22 miljoen in 2018 aangeteken.
Volgens die minister van omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta kon die NWR daarin slaag om die verlies in 2016 met byna 55% in die volgende jaar te verminder, terwyl dit verlede jaar dit met 44% kon verminder. Shifeta het egter gesê hy is vol vertroue maatreëls wat in plek gestel is om verliese te verminder, sal spoedig daartoe toe lei dat NWR ’n winsgewende entiteit is.
Die vergoeding van sy direkteure het NWR verlede jaar N$1,1 miljoen uit die sak gejaag, teenoor die N$2,2 miljoen in 2017. Verlede jaar het NWR N$357,5 miljoen in inkomste uit sy 24 oorde oral oor in die land verdien, teenoor die N$361 miljoen in 2017. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie