NWR teiken Turkse toerismemark
Namibia Wildlife Resorts (NWR) het die afgelope vier jaar goeie vordering gemaak met die bemarking van hul toerismegeriewe by die Turkse toerismemark.
Volgens 'n mediaverklaring van NWR het me. Deniz Cakar, voormalige ambassadeur van Turkye in Namibië, heelwat aanmoediging in die verband gebied.
Vir die afgelope drie jaar het NWR die Travel Turkey Izmir-toerisme-ekspo, een van die groot toerismeskoue in Turkye, begin bywoon, wat vrugte afgewerp het.
Verlede week het me. Esther Ndilula, NWR se reisbeplanningsbestuurder van dié ekspo, teruggekeer en haar tevredenheid oor NWR se vordering uitgespreek.
“Een ding wat duidelik is, is dat Afrika se gewildheid in die Turkse mark groei. Die meeste van die toeroperateurs en individue met wie ek gepraat het, beskou Afrika as 'n eksotiese toeristebestemming," het sy gesê.
"Deur die skou by te woon, het ons die geleentheid gehad om ons posisie stewig in die Turkse mark as akkommodasie-keuse vir besoekers aan Namibië te vestig," het Ndilula gesê.
Terwyl sy in Turkye was, het sy 'n vergadering met die groephoof van strategiese beplanning en bemarking van die Vereniging van Turkse Reisagentskappe (Tursab), mnr. Livent Demiral, gehad oor wat NWR vir die meer as 10 000 Tursab-lede kan bied.
"Demiral het tydens ons vergadering benadruk wat Turkse toeriste in Afrika as hul voorkeurbestemming wil hê. Ons teenwoordigheid by die skou het aan hom gewys hoe ernstig ons daaroor is om Turkse toeriste na Namibië te lok," het Ndilula gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie