NWR-oorde: 75% afslag in Maart
Namibia Wildlife Resorts (NWR) het 'n 75%-afslag by sy oorde vir Maart se Onafhanklikheidsvieringe aangekondig.
Terselfdertyd waarsku hulle die publiek teen bedrieglike besprekingsagente.
Die goeie nuus is dat 'n kamer by Gross Barmen slegs N$242,50 kos per persoon wat deel.
Hardap se tarief is slegs N$125,00 per persoon wat deel, en by die Popa-valle betaal 'n individu N$282,50 vir 'n chalet.
Die 75%-afslag is van toepassing op alle NWR-oorde, behalwe kampeerterreine en die Terracebaai-oord.
“NWR bied hierdie belaglike lae tariewe aan almal sodat hulle die geleentheid het om te reis en ons pragtige land te ontdek,” lui 'n mediaverklaring van NWR.
Me. Zelna Hengari, NWR se besturende direkteur, sê: “Onafhanklikheidsmaand se spesiale tariewe is 'n tradisie.
As 'n maatskappy wat die mandaat het om toerismegeriewe in Namibië se beskermde gebiede te bestuur, sien ons die geleentheid om ons pragtige fauna en flora aan diegene te wys wat weens finansiële beperkinge dit nie altyd kan besoek nie.”
Intussen het dit onder NWR se aandag gekom dat daar bedrieglike individue is wat as NWR-besprekingsagente optree.
“NWR waarsku kliënte oor hierdie bedrieglike individue en versoek hulle om nie besprekings deur hierdie individue te maak wat voorgee hulle werk vir die maatskappy nie,” lui die mediaverklaring.
“Ons doen 'n beroep op ons kliënte om van ons amptelike besprekingskanale of geregistreerde toeroperateurs gebruik te maak,” sê Hengari.
Om direk te bespreek, kontak NWR by 061 285 7200, of stuur 'n e-pos na [email protected], of bespreek aanlyn by www.nwr.com.na.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie