NWR ondersteun stryd teen stropery
Namibia Wildlife Resorts (NWR) is omgekrap oor die groot aantal renosters wat in Namibië gestroop word.
“Die NWR moes die afgelope paar maande met groot kommer toekyk hoe stropery in veral die Etosha Nasionale Park toeneem,” sê hulle in 'n mediaverklaring.
Hulle loof die ministerie van die omgewing en toerisme, wat beheer oor die indringers geneem het en hulle vasgevat het.
“As ontvangers van toeriste in Namibië besef NWR watter negatiewe impak renosterstropery op die bedryf het.
“Dis nie eers nodig om te noem dat een van Namibië se trekpleisters die skouspelagtige wilde diere is wat vrylik in ons nasionale parke rondloop nie.
“Dit is dus van nasionale belang om ons regering te ondersteun sover dit die uiters negatiewe impak van stropery op die toerismebedryf betref,” het die besturende direkteur van NWR, me. Zelna Hengari, gesê.
Sy sê NWR doen 'n beroep op almal, veral werknemers, om enigiemand wat vermoedelik direk of indirek by renosterstropery betrokke is, aan te gee.
NWR sal vanjaar voortgaan om sy werknemers bewus te maak van die gevolge as hulle aan die verkeerde kant van die wet betrap word. Hengari het die ministerie van die omgewing en toerisme geprys: “Teenstropery-eenhede en -patrollies het in nasionale parke toegeneem en ek glo stropery sal eendag heeltemal uitgeroei word in Namibië.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie