NV verdaag weens 'onvoorsiene omstandighede'
Geen redes is Dinsdag verstrek toe die verrigtinge van die Nasionale Vergadering onverwags uitgestel is nie.
Estelle de Bruyn - Die Nasionale Vergadering (NV) het Dinsdag per SMS laat weet die sittings van die Huis is tot volgende week Dinsdag uitgestel.
Dit nadat die speaker, prof. Peter Katjavivi, enkele minute vroeër die huis tot dié week Woensdag verdaag het vanweë die druk program en die noodsaaklikheid om die middeltermyn-begrotingsraamwerk aanvaar te kry voordat die NV in reses gaan.
Geen rede vir die uitstel is verstrek nie behalwe dat dit vanweë “onvoorsiene omstandighede” is.
Die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM) het in ‘n verklaring die besluit veroordeel en gesê dit is polities gemotiveer.
“Maandag het die minister van finansies ‘n noodvergadering met lede van die opposisiepartye belê en versoek dat hulle hul reaksie op die begroting teen Woensdag 15 November moet afsluit, sodat hy op Donderdag 16 November repliek kan lewer voordat die wetsontwerp as ‘n saak van dringendheid na die Nasionale Vergadering gaan," lui die verklaring van die PDM se hoofsweep in die NV en voorsitter, me. Jennifer van den Heever.
“Dinsdag het mnr. Mike Kavekotora (van die RDP) die debat oor die begroting tot Woensdag (15 November) uitgestel, iets waartoe die Huis ingestem het.
“Ondanks die voorafgaande is lede per SMS in kennis gestel dat die verrigtinge tot volgende week Dinsdag verdaag is. Dit druis in teen die gees van die versoek van die minister van finansies, waartoe opposisiepartye ingestem het.
“Om die werksaamhede van die NV op te skort sodat lede van ‘n sekere politieke party sogenaamde ‘ster- politieke vergaderings’ kan bywoon en ander interne partypolitieke sake kan hanteer, maak ‘n bespotting van die parlement as ‘n demokratiese instansie wat die wil van die mense deur verteenwoordigers van verskillende politieke partye verteenwoordig.
“Dit is veral van toepassing wanneer die debat oor ‘n dringende aangeleentheid soos die begrotingswetsontwerp, met betekenisvolle implikasies vir die land, uitgestel word om die interne programme van ‘n enkele politieke party te dien.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie