NV moet kies wie ACC, ECN lei
NV moet kies wie ACC, ECN lei

NV moet kies wie ACC, ECN lei

Die Nasionale Vergadering hou vandag ’n spesiale sitting om president Hage Geingob se leierskapnominasies vir die Verkiesings- en Teenkorrupsiekommissie te oorweeg.
Augetto Graig
Augetto Graig – Die Nasionale Vergadering hou vandag ’n spesiale sitting om oor die nuwe leierskap vir die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) en dié van die Teenkorrupsiekommissie (ACC) van Namibië te besluit. Die sitting is vir 14:30 geskeduleer.

Volgens die woordvoerder van die NV, mnr. David Nahongandja, sal wetgewers tydens die sitting president Hage Geingob se nominasies oorweeg om opvolgers vir dié kommissies se leiersposisies goed te keur.

Vyftien kandidate is vir die posisies by die ECN genomineer, wat mee. Maria Amupolo, Munolwisho Ipangelua, Francina Keendjele, Emmerentia Leonard, Ndilimeke Mavulu, Elsie Nghikembua, Rachel Mundilo, mnre. Andreas Maseke, Vilyo Ndapopiwa, Joram Rukambe, Hendrik Tjibeba, Ellison Tjirera, Rui Tyitende, Gerson Sindano en Petrus van Zyl insluit.

Die parlement het regstreekse onderhoude met dié kandidate uitgesaai en sal vandag oor die posisies van kommissaris besluit.

Opvolgers vir die poste van die ECN-voorsitter, me. Notemba Tjipueja, en die kommissarisse, mnr. Ulrich Freyer en me. Elsie Nghikembua, moet aangewys word voor dié drie se ampstermyn op 15 September verstryk.

In die ACC moet opvolgers dringend vir die direkteur-generaal, mnr. Paulus Noa, en sy adjunk, adv, Erna Van der Merwe, gevind word.

Nahongandja sê die toepaslike ACC-wetgewing is gevolg, nominasies is vir Geingob se oorweging gestuur en vandag besluit die NV of die president se nominasies aan die gestelde eise voldoen.

NIE WELKOM NIE

Hy verwag ’n vol huis aangesien alle parlementslede die sitting moet bywoon behalwe die lede wat geskors is.

Die leiers van die Landless People’s Movement (LPM), mnre. Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb, word van 15 April af toegang tot die NV verbied sedert hul betrokkenheid by ’n omstrede voorval ná Geingob se jaarlikse staatsrede.

Die saak dien tans voor die hooggeregshof waar dié twee appèl teen die Speaker, prof. Peter Katjavivi, se besluit aanteken.

Hulle moes laas week voor die staande komitee oor voorregte verskyn, maar hul prokureur, mnr. Patrick Kauta van Dr. Weder, Kauta en Hoveka, het hulle aanbeveel om dit nie by te woon nie.

Kauta het saam met die mededirekteur in dié regsfirma, me. Mercy Kuzeeko, die verhoor op 20 Julie bygewoon en op 22 Julie aan Katjavivi geskryf om amptelik ’n verklaring oor ’n voorval by die ingang van die parlementsgebou aan te vra.

Volgens Kauta het die sekuriteitskandeerder tydens hul ingang na die gebou om 07:50 gewys dat daar ’n vuurwapen in sy aktetas was.

Hoewel die tas voor polisiebeamptes oopgemaak en deursoek is, kon geen tekens van ’n vuurwapen gevind word nie. Kauta en Kuzeeko is deurgelaat sonder enige verduideliking, sê hy.

“Gister, gedurende die verhoor in die hooggeregshof het u regsverteenwoordig beweer ons kliente is ’n gevaar vir ander lede van die parlement. Is sy stelling toevallig, met die gebeure van die vorige dag in ag geneem? Ons wonder of die fiktiewe vuurwapen bedoel was om ons kliënte, tydens hul bywoning van die verhoor op 20 Julie valslik te beskuldig, om die voorleggings van u prokureur te ondersteun. Gelukkig het hulle nie (op ons advies) dit bygewoon nie, omdat hulle nie gedagvaar is nie,” skryf Kauta aan Katjavivi.

Hy het op ’n antwoord teen vyfuur gistermiddag aangedring.

Vrae wat die koerant aan Katjavivi gestuur is, was teen druktyd nog onbeantwoord.

Nahongandja sê egter dieselfde situasie het op vorige geleenthede gebeur, selfs met werknemers van die parlement, en die voorval word sonder rede vir politieke doeleindes gebruik. Hy het die veiligheid van alle parlementslede verseker en sê: “Dit is net mense wat politiek speel.” - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.57 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.96 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.57 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 302.68/OZ UP +0.49% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0093 | Zinc US$ 2 923.50/T UP 0.18% | Brent Crude Oil US$ 84.37/BBP DOWN -0.0267 | Platinum US$ 951.74/OZ UP +1.82% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.57 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.96 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.57 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 302.68/OZ UP +0.49% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0093 | Zinc US$ 2 923.50/T UP 0.18% | Brent Crude Oil US$ 84.37/BBP DOWN -0.0267 | Platinum US$ 951.74/OZ UP +1.82%