NV moet eers self oordeel
NV moet eers self oordeel

NV moet eers self oordeel

Augetto Graig
Augetto Graig – Regter Kobus Miller het gister 'n dringende aansoek, ingedien deur die Landless People’s Movement (LPM) se leiers mnre. Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb, verwerp.

Die regter het die aansoek met koste van die hand gewys op grond daarvan dat die hof nie by die onafhanklikheid van die wetgewende gesag kan inmeng nie. Die parlement het 'n bestel om interne aangeleenthede te bestuur en ingryping voordat daardie prosesse afgehandel is, sal volgens Miller voortydig wees.

Swartbooi en Seibeb het aangevoer hul uitsetting uit die Nasionale Vergadering (NV) tydens die staatsrede deur die Speaker, prof. Peter Katjavivi, was onwettig.

Die parlementêre komitee oor magte, voorregte en immuniteit sal op 18 Mei 'n geslote verhoor oor die gebeure in die NV hou. Die komitee bestaan uit Katjavivi, me. Agnes Kafula, mnre. Sebastian Karupu, Philippus Katamelo en McHenry Venaani.

Die komitee kan enige getuie roep en dwarsboming of ontwrigting van sy werk is strafbaar met 'n boete van tot N$20 000, vyf jaar se tronkstraf of beide.

Kommentaar

Republikein 2026-07-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer